Fillon en Melenchon in kop-aan-kop verkiesingswedloop
Frankryk
Die verlinkse presidentskandidaat, Jean-Luc Melenchon, en die konserwatiewe Francois Fillon is in 'n kop-aan-kop wedloop kort op die hakke van die voorlopers in die aanloop tot die verkiesing, het meningspeilings gister bevind.
Kiesers stem Sondag in die eerste ronde van die mees onvoorspelbare Franse verkiesing in menseheugenis, met vier kandidate wat almal 'n kans het om die tweede ronde twee weke later te haal.
Ontleders voorspel die gematigde Emmanuel Macron gaan 'n kop-aan-kop stryd met die verregse Marine Le Pen in die tweede ronde van die verkiesing op 7 Mei hê. Die gapings tussen die kandidate in die wedloop om die uiters ongewilde pres. François Hollande as staatshoof te vervang, het die afgelope weke verklein.– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie