Fillon veg vir oorlewing
Fillon veg vir oorlewing

Fillon veg vir oorlewing

Frankryk
Estelle de Bruyn
Francois Fillon het gister geveg om sy beleërde aanslag op die Franse presidentskap aan die gang te hou, met oudpres. Nicolas Sarkozy wat druk op hom geplaas het midde 'n krisisvergadering van die regse ­Republikeinse party.

Die konserwatiewe Fillon (63) was eers 'n duidelike gunsteling om Frankryk se tweefaseverkiesing in April en Mei te wen, maar sy veldtog is ondermyn deur beskuldigings dat hy staatsgeld gebruik het om sy vrou vir 'n versinde parlementêre werk te betaal.

Agter die skerms wag nóg 'n voormalige eerste minister, Alain Juppe, wat Fillon in November in 'n primêre stemming om die konserwatiewe Les Republicans party se kandidatuur verslaan het.

Sarkozy, wat Fillon as sy eerste minister tussen 2007 en 2017 gekies het, het met hom en Juppe 'n vergadering belê “om 'n waardige en geloofwaardige manier uit 'n situasie te vind wat ernstige probleme vir Franse kiesers inhou”. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!