Finaliste aangekondig
Die finaliste vir die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2019 is aangekondig.
Wolwedans Collection se Dune Camp, Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp en Gondwana Kalahari Anib Lodge ding mee in die akkommodasie-kategorie. In die afdeling vir toeroperateurs is dit Pack Safari, Sense of Afrika (Tourvest) en Wild Dog Safaris. Die wenners sal op 5 Junie tydens die opening van die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangekondig word.
Die RTA is deur Namibia Media Holdings (NMH) met die hulp van Eco Awards Namibia begin. Die doel is om toerismeondernemings te beloon wat ekotoerisme bedryf, asook diegene wat belê in die gemeenskappe waar hulle werksaam is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie