Finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekenning bekend
Die drie finaliste in die akkommodasie-kategorie vir die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) is Gondwana Canyon Village, Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast Camp en Huab under Canvas in die Huab-bewaringsgebied.
“Die toerismesektor is die hardste deur die Covid-19-pandemie geslaan, maar ondanks die terugslag is daar verenigde pogings om toerisme in Namibië te herstel,” het die skakelbeampte van Namibië Media Holdings (NMH), me. Maggy Mbako, gesê.
“Ons glo met inisiatiewe soos die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) sal post-Covid-19-toerisme in Namibië beter as ooit wees.”
RTA is die inisiatief van NMH en word deur Eco Awards Namibia bygestaan om toerismebesighede – akkommodasieplekke en toeroperateurs – te beloon wat ekotoerisme bevorder en in hul gemeenskappe belê.
Die RTA is gekoppel aan die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) en die finaliste is veral deur Eco Awards Namibia beoordeel op grond van 2020 se NTE-tema, herwinbare energie.
Die wenners sal by die amptelike opening van NTE 2020 aangekondig word wat vanaf 4 tot 7 November by SKW in Windhoek sal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie