• Tuisblad
  • Toerisme
  • Finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings 2018 aangewys

Finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings 2018 aangewys

Wenners by Namibië Toerisme Ekspo aangekondig
Francoise Steynberg
Die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) van Namibia Media Holdings (NMH) erken en beloon toerismeoperateurs in die akkommodasiesektor en toeroperateurs wat ekotoerisme bevorder en in hul gemeenskappe belê.

Die RTA is gekoppel aan die Namibië Toerisme Ekspo (NTE), 'n jaarlikse geleentheid wat die toerismesektor van Namibië en sy buurlande byeenbring om te netwerk en hul produkte en dienste te bemark.

Die finaliste van die RTA 2018 volgens Eco Awards Namibia se mees onlangse evaluering en veral hul punte in bewaring volgens die NTE 2018 se tema “Conservation - Small Things Matter”, is in die akkommodasie-kategorie: Grootberg Lodge, Wilderness Safaris Damaraland Camp en Gondwana Namib Desert Lodge.

In die kategorie toeroperateurs is die finaliste Abenteuer Afrika Safaris, Ultimate Safaris en Wild Dog Safaris.

"Dit was uiters moeilik om die finaliste in die akkommodasie-kategorie aan te wys, want die mededinging was straf. In die toeroperateur-kategorie het die kriteria dit baie moeilik gemaak om te kwalifiseer," het me. Hazel Milne van Eco Awards Namibia gesê.

Die wenner sal tydens 'n meer ingewikkelde evalueringsproses met die fokus op die NTE se tema gekies word en sal tydens die amptelike opening van die NTE op 30 Mei by Windhoek se skougronde aangewys word.

Die wenner en naaswenners in beide kategorieë sal advertensies en redaksionele inhoud in 'n NMH-publikasie van hul keuse kry. Nuusdekking kan behels die bemarking van hul produkte en dienste of gemeen­skapsprojekte in hul area ter waarde van N$150 000 vir die wenner en N$50 000 vir die naaswenners.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!