‘Financial Times’ sê Zim is op Venezuela se pad
Die Londense dagblad lê die blaam vir die ekonomiese krisis voor die deur van die regerende Zanu-PF.
Die gesaghebbende Financial Times sê in ’n hoofartikel dat Zimbabwe dieselfde pad as Venezuela gaan loop.
Die Londense dagblad sê die internasionale gemeenskap is in ’n verknorsing. “Daar is geen aptyt om betrokke te raak by ’n regering wat net so swak soos dié van (Robert) Mugabe is nie. Hoe kan dit die instandhouding van ’n gewelddadige bewind regverdig?
“Maar die alternatief is ewe erg: Om toe te laat dat die ekonomiese situasie só verswak dat die regerende Zanu-PF inplof. Daar is geen waarborg dat algehele ineenstorting – selfs moontlike hongersnood – ’n bewindsverandering teweeg sal bring nie.”
Die Londense dagblad lê die blaam vir die ekonomiese krisis voor die deur van die regerende Zanu-PF en beskuldig pres. Emmerson Mnangagwa van skynheiligheid.
Dit volg op sy “skok” nadat die Britse TV-kanaal Sky News gewys het hoe Zimbabwiese soldate ’n ongewapende man aanrand.
Die Financial Times sê Mnangagwa was jare lank Mugabe se ystervuis wat dieselfde soort geweld afgedwing het.
Volgens die redaksionele kommentaar is die onlangse geweld die gevolg van ’n ekonomie wat in duie stort.
“Die land – wat nie ’n eie geldeenheid oor het nadat hiperinflasie die Zimbabwiese dollar meer as ’n dekade gelede verwoes het nie – het opgehou om inkomste uit uitvoere te genereer.
NASIONALE EENHEID
Dit is omtrent geheel afhanklik van die Zimbabwiërs se geldsendings wat noodgedwonge ’n heenkome in die buiteland moet vind.”
Die koerant voorspel verdere hiperinflasie en dat Zimbabwe op die oog af “op ’n Venezolaanse-tipe inploffing afstuur.”
Volgens die Financial Times is 38 jaar se “diefstal en onbevoegdheid deur die Zanu-PF” vir die Wêreldvoedselprogram se kommer oor die voedselsekerheid van sowat agt miljoen Zimbabwiërs verantwoordelik.
Die koerant meen ’n regering van nasionale eenheid is die enigste uitweg. Weens binnegevegte in Zanu-PF en die regering wat “jag maak” op MDC-lede en hulle toesluit, is daar egter geen hoop dat dit sal gebeur nie.
Intussen berig Reuters dat Constantino Chiwenga, Zimbabwe se adjunk-president, die tweede keer in vier maande behandeling in Suid-Afrika ontvang.
Chiwenga (62), ’n voormalige weermaggeneraal, het die staatsgreep gelei wat Mugabe in 2017 ontsetel het. Hy word as die voorloper beskou om Mnangagwa op te volg.
Mnangagwa het verlede week gerugte van onenigheid tussen hom en Chiwenga verwerp. Dit is aangevuur deur Mnangagwa se beloofde optrede teen geweldplegers in die gewapende magte.
Volgens die Financial Times gaan die onenigheid egter oor die beheer oor geldmaakskemas. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie