Finansiu00eble vakbond soek NSFAF se bloed
Finansiu00eble vakbond soek NSFAF se bloed

Finansiële vakbond soek NSFAF se bloed

Augetto Graig
Augetto Graig - Die hoofsekretaris van die Unie vir Namibiese Finansiële Instellings (Nafinu), me. Asnath Zamuee, het verlede week tydens 'n mediakonferensie skerp gereageer oor die wanbestuur van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF).
Sy het uitdruklik vir die afdanking van die fonds se voorsitter, me. Patty Karuaihe-Martin, en die hoof uitvoerende,beampte, me. Hilya Nghiwete, asook die ontbinding en vervanging van die direksie gevra.
Ná onlangse onthullings in die plaaslike media van reusegeldtekorte by die fonds, het haar organisasie die regering genader vir 'n ondersoek na wanbestuur, maar dit was vergeefs, sê Zamuee. Nou soek die vakbond aksie.
“Ons doen 'n beroep op die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, om die hele raad af te dank en om ? voorbeeld van die NSFAF te maak. Die duidelik onbevoegde hoof uitvoerende beampte, me. Hilya Nghiwete, behoort ook haar sak te pak. Slegte bestuur is onder haar leierskap aan die orde van die dag.
" Ons eis aksie moet teen die bestuur en die raad van die NSFAF geneem word, insluitend die terugbetaling van die verlore miljoene. Die wanbestuur van openbare geld behoort ? misdaad te wees,” het sy gesê.
Nafinu is die vakbond wat werkers in die finansiële bedryf verteenwoordig en hul lede werk ook vir NSFAF. “Aan die einde van die dag raak die wanbestuur ook ons lede,” het sy gesê.
Zamuee het spesifiek fout gevind met direksielede se sittingsgeld wat na berig word meer as N$2 miljoen in die laaste boekjaar beloop het. “Die gelde was in 2013 nog aanvaarbaar teen N$315 000,” het sy gesê. “Tog beland geld wat bedoel is om studente te help om hul studiedoelwitte te bereik, liewer in die sakke van die raadslede,” sê sy.
“Dit bekommer ons baie dat die raadslede geld eis vir vergaderings met belanghebbendes soos vir die ondertekening van prestasieooreenkomste met die lynminister, of ? vergadering met die permanente sekretaris. Duidelik is dit ? geval van reël soveel vergaderinge as moontlik en eis miljoene! Honderde studente kon met die verlore miljoene van NSFAF gehelp word.”
Die vakbondleier sê sy was ook verstom om te hoor van Karuaihe-Martin se agt dae lange besoek aan Kuba waarvoor sy na berig word ? toelaag van N$120 000 gekry het. “Hoe kan die raadvoorsitter na Kuba reis om na studenteprobleme te gaan luister?” wou sy weet. Zamuee sê sy kan nie glo daar is geen ander manier waarop studenteprobleme by die NSFAF ingedien en ondersoek kan word nie. “Besoek sy ook plaaslike studente? Hierdie toer alleenlik is klaar nie geregverdig nie. Sonder skaamte laat weet die voorsitter die nasie toe dat ? opvolgtoer ook deur die NSFAF-sekretariaat vir dieselfde doel onderneem is. Dit is totaal onaanvaarbaar en 'n vermorsing van openbare hulpbronne," meen Zamuee.
“Die vlakke van armoede in ons land eis die omsigtige bestuur van ons hulpbronne,” het sy ten slotte gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer