Finbond steek KPMG ook in pad
KPMG gaan met 'n tenderproses begin om 'n nuwe ouditeur te werf.
Finbond is die jongste maatskappy wat van KPMG ontslae raak.
Die onderlinge bank het Donderdag in 'n aankondiging aan aandeelhouers gesê sy direksie het besluit hulle kan nie langer “Finbond se verbintenis met KPMG regverdig nie”.
KPMG het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.
tenderproses
Finbond sê KPMG se aanstelling as eksterne ouditeure word einde Junie beëindig.
Hy sal met 'n tenderproses begin om 'n nuwe ouditeur te werf.
“Die direksie en die risiko- en ouditkomitees is tevrede dat verbeterde gehalteprosesse en oorsig deur KPMG 'n oudit van bevredigende gehalte vir die finansiële jaar tot einde Februarie 2018 gelewer het.
Verskeie ondernemings het die afgelope maande besluit om bande met die ouditeursfirma te verbreek nadat hy erken het die werk wat hy gedoen het vir maatskappye wat verbind word met die omstrede Gupta-familie, nie op peil was nie.
Hy is ook gekritiseer weens sy rol in die verslag oor die “ondersoekeenheid” by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
KPMG het sedertdien Wiseman Nkuhlu as nuwe voorsitter van sy direksie aangestel.
Nkuhlu sê die ouditeur sal alle werk wat sy vennote die afgelope 18 maande gedoen het, hersien. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie