Finland deel kennis as deel van eeufees
Finland deel kennis as deel van eeufees

Finland deel kennis as deel van eeufees

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Finse projek CodeBus het onlangs ook 'n draai in Windhoek gemaak.

Volgens die Finse ambassadeur, me. Anne Saloranta, is die doel om jongmense op te lei en hulle van die inspirerende waarde van moderne tegnologie bewus te maak. So geskied bemagtiging deur middel van kreatiwiteit. Die projek fokus ook op nuwe tegnologie se bemagtigingswaarde vir meisies en jong vroue.

Volgens Saloranta skep dit 'n geleentheid vir akademiese en tegnologiese samewerking tussen Finland en Afrika. Namibië was die sewende land wat sedert Februarie vanjaar besoek is.

Die projek vorm deel van Finland se herdenking van 100 jaar van onafhanklikheid.

Slypskole het reeds in Nigerië, Ghana, Ethiopië, Uganda, Kenya, Tanzanië en Zambië plaasgevind.

Die Aalto Universiteit ondersteun die projek en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) was die plaaslike vennoot.

“Met hierdie projek wil ons tegnologiese vennootskappe bou met plaaslike kundiges, nie-regeringsorganisasies (NGO’s) en opvoedkundige instellings in Namibië," het Saloranta gesê. “Hierdie bus sal hierna na Suid-Afrika en Mosambiek vertrek," het sy bygevoeg.

Die visekanselier van Nust, prof. Tjama ­Tjivikua, het gesê verskillende fakulteite was deel van die opleiding, vernaam rekenaartegnologie en informatika. "Hierdie fakulteit het 'n spesiale verhouding met die Finse ambassade en Aalto Universiteit.”

Die adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Becky Ndjoze-Ojo, het die ambassade geluk gewens met die inisiatief. "Dankie dat julle Nust tot groter hoogtes help vorder," het sy bygevoeg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!