Finland loof gelykheid in Namibiu00eb
Finland loof gelykheid in Namibiu00eb

Finland loof gelykheid in Namibië

’n Namibiër ontvang die Hän-toekenning van die Finse ambassade.
Die stigter en direkteur van die Omba Arts Trust, me. Karin le Roux, het onlangs die Hän-toekenning van die ambassade van Finland ontvang. Met dié toekenning gee Finse ambassades oraloor die wêreld erkenning aan diegene wat gelykheid en inklusiwiteit in hul onderskeie lande bevorder.

Luidens ’n mediaverklaring wat Vrydag (11 September) deur die ambassade uitgereik is, word Le Roux vanjaar vereer vir haar jarelange bydrae om ’n volhoubare lewensbestaan vir gemarginaliseerde gemeenskappe te skep en sodoende inklusiwiteit en gelykheid te bevorder. Omba Arts Trust ondersteun kunstenaars en vakmanne in Namibië se plattelandse gebiede deur hul unieke kunswerke en skeppings te bemark en verkoop.

Gelykheid is 'n kernwaarde in Finland. In 2017, die jaar waarin Finland 100 jaar se onafhanklikheid gevier het, het die land die eerste internasionale toekenning vir geslagsgelykheid aan die Duitse kanselier Angela Merkel toegeken. Die prys is in 2019 vir die tweede keer aan 'n vroueregte-organisasie, Equality Now, toegeken.

Met die Hän-toekenning wil Finse ambassades oraloor die wêreld individue of groepe wat gelykheidskwessies bevorder, beloon vir hulle toewyding.

Me. Pirkko-Liisa Kyöstilä, die Finse ambassadeur in Windhoek, het vanjaar die toekenning oorhandig.

“Me. Le Roux is ’n baanbreker in die ontwikkeling, bemarking en navorsing in die kunsvlytbedryf. Duisende Namibiërs, veral dié in landelike gebiede, het die afgelope 30 jaar voordeel uit haar belangrike werk getrek,” het Kyöstilä gesê.

Die naam van die toekenning word afgelei van die Finse woord “hän”, wat 'n inklusiewe voornaamwoord tegelykertyd “hy” en “sy” voorstel. Hän simboliseer 'n beter wêreld, waar mense nie deur hul agtergrond of voorkoms gekenmerk word nie. Die voornaamwoord staan dus vir gelyke geleenthede vir almal.

Onder diegene wat die toekenning al ontvang het, is individue en groepe van oraloor die wêreld uit onder meer Singapoer, Kroasië, Noorweë, Indonesië en Japan. Die ontvangers verteenwoordig 'n verskeidenheid velde soos onderwys, die regte van minderheidsgroepe en geslagsgelykheid.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!