Finne ondersteun met miljoene
Finne ondersteun met miljoene

Finne ondersteun met miljoene

Tanja Bause
Tanja Bause - Vier organisasies het gesamentlik N$8,9 miljoen van die Finse ambassade ontvang om met hul bedrywighede voort te gaan. Die organisasies is Conservation Agriculture Namibia (CAN), Team Namibia, die Namibiese regshulpsentrum (LAC) en die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).

C.A.N. is gestig met die doel om landbouproduksie in Namibië te verhoog. Met die geld wat van die Finse ambassade ontvang is, gaan C.A.N ''n projek van stapel stuur om bewaring-, landbou- en weidingbestuur in sewe noordelike kommunale streke van die land te bevorder en versterk.

Team Namibia beplan om die produksie- en handelsvermoëns van klein sakeondernemings te versterk en help om nasionale en internasionale markte met hulle produkte te bereik.

IPPR se projek beoog om demokratiese deelname te verbeter en in veral op die gelyke deelname van vroue te fokus. Een van die doelwitte is om gebeure in die parlement verstaanbaar en toeganklik vir die gemeenskap te maak. Voorts wil die organisasie vroue-parlementslede in staat stel om beter bydraes tot beleidsbesprekings in die parlement te lewer.

Die LAC beoog om op sy beurt inligting oor die wet op kindersorg en beskerming aan vroue, kinders, onderwysers, oppassers, maatskaplike werkers en polisiebeamptes te verstrek. Belanghebbers sal ook opleiding ontvang om die wet só toe te pas dat dit wel vroue en kinders beskerm.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!