Finse speaker besoek Namibië
Die speaker van die Finse parlement, me. Maria Lohela (37), bring vandeesweek besoek aan Namibië.
Volgens ‘n verklaring deur die sekretaris van die Namibiese Nasionale Vergadering (NV), me. Lydia Kandetu, is Lohela in 2015 as speaker van die eenkamer- Finse parlement verkies. Dié parlement bestaan uit 200 lede.
Namibië se speaker, prof. Peter Katjavivi, sal haar gasheer tydens die besoek wees. Lohela word deur twee lede van die Finse parlement, prof. Pekka Puska en mnr. Olli-Poika Parviainen, vergesel. Die afvaardiging het Dinsdag in Namibië aangekom en hul amptelike program duur tot Vrydag.
Die besoek volg ná ‘n soortgelyke besoek deur Katjavivi, vergesel van twee NV-lede, me. Elma Dienda van die Popular Movement for Democracy (PDM) en me. Heather Sibungo van Swapo, verlede jaar van 10 tot 13 Oktober aan die Finse parlement.
“Namibië en Finland geniet langdurige en wedersyds voordelige betrekkinge wat tot voor Namibië se onafhanklikwording terugdateer. Tydens die besoek sal gesprekke oor parlementêre samewerking voortgesit word. Hierbenewens sal voortgebou word op bestaande betrekkinge. Samesprekings sal met verskeie regeringsinstansies gevoer word, soos die ministeries van internasionale betrekkinge en samewerking, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, asook die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing,” lui Kandetu se verklaring.
Sy wys ook daarop dat Finland groot vordering gemaak het om geslagsgelykheid te verseker. Reeds in 1907 is die eerste 19 vroue tot die Finse parlement verkies. Dit was die eerste vroulike parlementslede ter wêreld.
Finland was ook een van die eerste lande waar vroue stemreg geniet het en is vandag steeds onder die toplande wat geslagsgelykheid betref.
Finland beklee die tweede plek op die Globale Geslagsgapingindeks (Global Gender Gap Index) wat vroueregte meet en is nommer sewe in die wêreldklassifikasie.
Tans dien 84 vroue in die Finse parlement.
“Ons wens die mense van Finland opnuut geluk met die viering van ’n eeu van onafhanklikheid wat verlede jaar plaasgevind het.
“Gegewe Finland se uitstekende rekord wat die bekamping van geslagsgebaseerde geweld betref, sal die besoek gesamentlike pogings versterk om geslagsverwante uitdagings in Namibië die hoof te bied,” het Kandetu gesê.
Die Finse speaker sal in haar samesprekinge met Katjavivi fokus op maniere om geslagsgebaseerde geweld in Namibië te bekamp en hoe om die Namibiese parlement in ‘n papierlose parlement te omskep.
Tydens die besoek sal Lohela saam met die plaaslike Finse ambassade ‘n noenmaal vir vroueleiers in Windhoek aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie