Fishcor is voorlopig stabiel, sê minister
Ondanks kandidate wat op 'n kortlys geplaas is en psigometriese toetse wat reeds voltooi is, het die ministerie en die direksie besluit om die werwingsproses van voor af te begin.
Ogone Tlhage – Die aanstelling van 'n uitvoerende hoof vir die National Fishing Corporation (Fishcor) is vertraag weens kommer dat die werwingsproses nie 'n geskikte kandidaat sal lok nie.
Die ministerie van staatsondernemings (SOE's) het aangekondig die werwingsproses is gestaak om 'n plaasvervanger te vind vir mnr. Mike Nghipunya, die voormalige uitvoerende hoof wat tereg staan op sy beweerde aandeel in die Fishrot-korrupsieskandaal.
Die waarnemende uitvoerende hoof en ondervoorsitter, me. Ruth Herunga, sal in haar posisie voortgaan terwyl die proses van voor af sal begin.
Dié besluit volg ondanks 'n proses wat bevind het die huidige uitvoerende hoof van die Fisheries Observer Agency, mnr. Stanley Ndara, het die beste in 'n psigometriese toets gevaar met 71,8%.
Die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) se direkteur van finansies en administrasie, mnr. Beatus Amadhila, het 59,5% behaal, terwyl mnr. Peya Hitula, die uitvoerende hoof van Tunacor, 55,4% gekry het.
“Na aanleiding van die omsigtigheidsondersoek en oorweging van die kritieke belang om die pos te vul met 'n persoon wat die profiel die beste pas, het die ministerie en die Fishcor-direksie verlede Vrydag (2 Julie) vergader en besluit nie een van die kandidate het dit gebied nie en dit in die beste belang van die maatskappy sal wees om die pos te heradverteer,” het die ministerie in 'n verklaring gesê.
Op 'n vraag oor die nie-benoeming van 'n uitvoerende hoof, het mnr. Leon Jooste, minister van SOE's, sy kommer oor die leemte in Fishcor uitgespreek, maar gesê die maatskappy het gestabiliseer.
“Ek is angstig om 'n uitvoerende hoof aan te stel, maar die maatskappy is voorlopig stabiel en ons kan eenvoudig nie bekostig om 'n kompromie aan te gaan betreffende die kwaliteit van die uitvoerende hoof nie,” het hy gesê.
Jooste het hom verbind tot 'n tydperk van twee maande om 'n nuwe uitvoerende hoof aan te stel.
Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, het gesê hy is nie bekommerd oor die maatskappy nie, omdat 'n waarnemende uitvoerende hoof aan die stuur van sake is. Hy het egter gesê hy moet nog ingelig word oor 'n nuwe werwingsproses wat by Fishcor sou plaasvind.
“Ek is nie ingelig nie, dit is al wat ek kan sê. Ek is op 'n inentingsveldtog op Walvisbaai,” het hy gesê.
Klazen verwag om wanneer hy terug in Windhoek is, ingelig te word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie