Fishcor-raad dank Nghipunya af
Fishcor-raad dank Nghipunya af

Fishcor-raad dank Nghipunya af

Die proses het begin om 'n nuwe hoof uitvoerende beampte by Fishcor aan te stel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Bykans 'n jaar nadat die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) se vorige direksie dié omstrede staatsmaatskappy se uitvoerende hoof, mnr. Mike Nghipunya, geskors het, is hy Maandag formeel afgedank.

Dié aankondiging is deur die voorsitter van die tussentydse raad, mnr. Mihe Gaomab II, gemaak. Hy het verlede week aan Republikein gesê daar is “anekdotiese bewyse” dat Nghipunya steeds sy invloed uit die tronk laat geld het. Hy het die spanning tussen senior bestuurslede by Fishcor se aanlegte op Lüderitz en die raadslede aan onder meer Nghipunya se invloed toegeskryf.



POS WORD GEADVERTEER

'n Groep senior bestuurslede het op 23 Oktober in 'n brief aan Gaomab en lynministers Leon Jooste (staatsondernemings) en Albert Kawana (visserye en mariene hulpbronne) laat blyk die raad doen nie sy werk nie en daarom is Fishcor tegnies bankrot en die nagenoeg 300 werknemers gaan dalk nie die einde van November salarisse kry nie.

Nghipunya is nege maande gelede op 17 Februarie in hegtenis geneem op klagte wat voortspruit uit die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoek na die Fishrot-korrupsieskandaal en Fishcor se rol in die kaping van die land se visbronne tot voordeel van die handjie vol wat uit die bedrog-trog van sowat N$150 miljoen gevreet het.

Gaomab sê die pos vir 'n nuwe uitvoerende hoof sal dadelik geadverteer word.

“Ons hoop om die proses spoedig af te handel ten einde stabiliteit en volhoubaarheid deur die ­strategiese bestuur van die kommersiële, finan­siële en bedryfsuitdagings te verseker,” het hy in 'n teksboodskap aan Repu­blikein gesê.

Hy wys ook daarop die tussentydse raad het ingevolge die Fishcor-wet en die Wet op die Bestuur van Openbare Ondernemings, nr. 1 van 2019, die wetlike plig om die aanstelling “spoedig, prosedureel en doeltreffend” af te handel. “Verder moet ons (raad) ons bestuursmandaat met integriteit en professionaliteit nakom.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!