Fishcor se sake klopdisselboom – Herunga
Ronelle Rademeyer – Die waarnemende uitvoerende hoof van Fishcor, me. Ruth Herunga, sê dit gaan goed by die staat se vismaatskappy, al heers daar 'n leierskapskrisis.
Sy is oor sake by dié nasionale viskorporasie gevra presies 'n maand nadat die laaste van die maatskappy se topbestuur bedank en sy, as lid van die direksie, na Lüderitz gestuur is om tydelik die leisels oor te neem.
Oor die geldsake het sy gesê: “Hoekom dink almal dit gaan sleg by Fishcor? Ons is eintlik 'n baie stabiele maatskappy. Ons betaal salarisse, ons betaal ons verskaffers. . . Die dag tot dag bestuur gaan voort.”
Volgens Herunga verdien Fishcor “substansiële hoeveelhede geld” uit verkope en is die positiewe kontantvloei nie net te danke aan die miljoene Namibiese dollar wat uit onlangse kwotaverkope verdien is nie.
In Oktober verlede jaar was die verhouding tussen Fishcor se raad en die topbestuur, wat intussen almal bedank het, só beroerd dat in 'n brief aan mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, aangevoer is Fishcor en sy onderskeie Seaflower-filiale kan sink.
Daar is aangevoer die raad, bestaande uit mnr. Mihe Gaomab II (voorsitter), mee. Ruth Herunga en Milka Mungunda en dr. Penny Hiwilepo, versuim hul plig. Die maatskappy kon in daardie stadium beswaarlik sy salarisverpligting nakom.
Gaomab is intussen met ingang 1 Mei aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van die Namibië Nywerheidontwikkelingsagentskap (Nida).
Jooste het gister in reaksie hierop gesê “'n nuwe raad gaan in elk geval binnekort aangestel word”.
Op 'n vraag oor wanneer 'n nuwe uitvoerende hoof aangestel gaan word, het hy gesê: “Hulle (die raad) het die soektog voltooi en ons sal dit Maandag bespreek.”
Herunga het ook gister vrae beantwoord oor die beskikbaarstelling van 8 500 ton maasbanker (vir bevriesing op see) aan die vismaatskappy Venmar in die Cavema-groep.
Sy sê dit was in ruil daarvoor dat Venmar 600 voormalige werkers van Seaflower Pelagic Processing (SPP) op Walvisbaai in diens neem.
“Ek is tans op Walvisbaai en ons is besig om die werkers se kontrakte met Venmar te finaliseer.”
Venmar doen aanlandige verwerking en die kwota is vir maasbanker wat nadat dit gevang is, op die fabrieksboot gevries word.
Herunga wou nie vrae antwoord oor die maasbankerkwota wat SPP sê Fishcor hom ingevolge 'n bindende kontrak verskuldig is nie.
“Ek gaan nie oor SPP praat nie. Daar is 'n hofsaak hangend,” was haar woorde.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie