Fishcor teiken N$33 miljoen uit veiling
Dit is nie duidelik of Fishcor met behulp van 'n viskwota-veiling vinnig geld wil insamel om Januarie se salarisrekening te dek nie.
Mathias Haufiku
Die staat se sukkelende vismaatskappy, die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), tel nou onder die groeiende lys staatsinstellings wat sukkel om salarisse te betaal.
Terwyl Fishcor reeds sedert November 2019 geldelike probleme ondervind nadat die sogenaamde Fishrot-skandaal ontbloot is, het werknemers gister tevergeefs vir hul salarisse gewag.
Gedeeltes van hul Desember-salarisse is ook nog onbetaald.
Dit is nie duidelik of daar deur 'n viskwota-veiling vinnig geld ingesamel moet word om Januarie se salarisrekening te dek nie.
Volgens 'n kennisgewing, wat verlede week deur die maatskappy se finansiële bestuurder, mnr. Paulus Ngalangi, uitgestuur is, veil Fishcor 3 000 ton se vrieskwota-stokvis op.
Die veiling is Donderdag aan die publiek bekend gemaak en die bieëry het Vrydag gesluit.
Ngalangi het glo gesê die minimumprys wat aanvaar sal word, is N$11 000 per ton.
Volgens berekeninge deur ons susterkoerant, Namibian Sun, beplan Fishcor om minstens N$33 miljoen deur dié veiling in te samel.
Rolspelers in die bedryf het egter gesê die teiken is té ambisieus. Die markprys per ton staan tans glo op sowat N$6 500 per ton.
“Hierdie mense verstaan duidelik nie die mark nie en is so desperaat om geld te maak dat hulle onrealistiese teikens stel,” sê een rolspeler in die bedryf, wat verkies om anoniem te bly.
Fishcor se besluit om sy kwotas op te veil, kom maande nadat die regering 'n mislukte viskwota-veiling gehou het.
September 2020 se veiling moes vir Covid-19-gesondheidsorg betaal het, maar het gefaal toe net vyf bieërs altesaam N$8,4 miljoen aangebied het – net sowat 1,3% van die N$628 miljoen wat na verwagting verdien sou word.
Op die veiling is 11 000 ton stokvis, 72 000 ton maasbanker en 392 ton monnikvis op aanbod geplaas, maar net 100 ton stokvis, 1 517 ton maasbanker en 300 ton monnikvis is verkoop.
SALARISDILEMMA
Fishcor-werknemers het glo Saterdag 'n interne memorandum van hul raadsvoorsitter, mnr. Mihe Gaomab II, getiteld “Boodskap van waardering aan personeel en bestuur” ontvang.
Dit het gehandel oor die aanstellingsproses van 'n uitvoerende hoof vir Fishcor, asook die Covid-19-pandemie.
Gaomab het min gesê oor werknemers se agterstallige salarisse en of Januarie se salarisse betyds betaal sou word.
Fishcor se werknemers ontvang hul salarisse glo op die 25ste van elke maand.
Dit is nie die eerste keer dat die vismaatskappy slegs 'n gedeelte van werknemers se salarisse kan betaal nie, ten spyte daarvan dat dit glo voorkeurbehandeling vanaf die regering ontvang as dit by die toekenning van viskwotas kom.
Gaomab het aan werknemers gesê die raad werk daaraan om die noodsaaklike geld vir die maatskappy te probeer bekom en beskou die betaling van agterstallige salarisse van Desember en Januarie as 'n prioriteit.
Fishcor se werkers het glo gister slegs die oorblywende helfte van hul Desember-salaris ontvang en nie Januarie s'n soos gewoonlik op die 25ste nie. Januarie se salarisse word na bewering teen die einde van die maand verwag.
Gaomab het by navraag oor die agterstand van die betaling van salarisse gesê Fishcor gee aandag aan die kwessie.
“Ons werk daaraan om hopelik alle [salarisse van] Desember en Januarie te betaal,” het hy aan Ogone Thlage van Namibian Sun gesê sonder om 'n definitiewe tydlyn te verskaf.
Toe by Goamab vir kommentaar aangedring is oor wanneer salarisse betaal kan word, het hy gesê: “Ons doelwit is vandeesmaand.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie