Fishrot word 'misverstaan' u2013 Nghipunya
Fishrot word 'misverstaan' u2013 Nghipunya

Fishrot word 'misverstaan' – Nghipunya

Mnr. Mike Nghipunya het getuig dat Fishcor geen geld wanbestuur het ten tyde van sy termyn as uitvoerende direkteur nie.
Kristien Kruger
Jemima Beukes – Die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, het gister aan die staat gesê geen onwettige bedrywighede het by Fishcor plaasgevind terwyl hy as uitvoerende hoof gedien het nie en geen geld is wanbestuur nie.

Die staatsadvokaat, mnr. Cliff Lutibezi, het gister ter afsluiting aan Nghipunya tydens laasgenoemde se borgtogverhoor gesê meer as N$317 miljoen is na bewering wanbestee en as sodanig is daar ’n ernstige prima facie saak ingevolge waarvan hy op baie ernstige klagte van onder meer rampokkery en geldwassery teregstaan.

Hy het bygevoeg daar is bewerings is dat in die Fishcor-skema N$167 miljoen wanbestee is, insluitend die gelde wat deur Sisa Namandje Inc en De Klerk Horn Coetzee (DHC)-regsfirmas en ander vissery-entiteite in besit van sy medebeskuldigdes betaal is.

Die staat het dit aan Nghipunya gestel hy moet weet dat indien hy skuldig bevind word, sal hy ’n baie swaar vonnis opgelê word.

Nghipunya het gesê ’n skuldigbevinding is hoogs onwaarskynlik, aangesien die bewyse nie op ’n sterk saak dui nie.

“Ek verstaan dat elke aantyging van misdaad ernstig is. Ek glo sterk ’n persoon se skuld of onskuld word nie op die aantal aanklagte gebaseer nie, maar die bewyse teen die beskuldigde. Ek is oortuig die staat se saak kan nie die aantygings bo redelike twyfel bewys nie.”

Nghipunya het ook die klagte van dwarsboming van die geregtig waarop hy tereg staan, ten sterkste ontken omdat hy eers in November 2019 gebruiksooreenkomste aan verskeie vissery-entiteite gestuur het – lank nadat die sogenaamde Fishrot-skandaal uitgebreek het en van sy medebeskuldigdes in hegtenis geneem is.

KONSULTASIEDIENSTE

Op hierdie tydstip het hy ook vir mnr. Jose Ramon van NovaNam gekontak en hulle gevra om ’n konsultasieooreenkoms te onderteken vir konsultasiedienste wat hy aan hulle gelewer het vir Gwanyemba Investment Trust (GIT), maar die NovaNam maatskappygroep het ontken dat hy hulle konsultasiedienste aangebied het.

Nghipunya het aan die hof gesê hy is geskok dat die Novanam-groep se uitvoerende hoof en voorsitter, mnre. Edwin Kamatoto en Miguel Angel Tordesillas, gesê het dat GIT geen konsultasiewerk vir hulle verrig het nie.

Buiten vir fakture wat deur die maatskappye verwerk is, is daar geen getekende ooreenkomste tussen GIT en hierdie entiteite nie.

“Die rekenmeesters van GIT het gevra dat hierdie ooreenkomste onderteken moet word. Die ooreenkoms is steeds nie onderteken nie; ons het slegs die fakture wat vir die maatskappy verwerk is,” het Nghipunya gesê.

VLUGRISIKO

Nghipunya is in Februarie 2020 deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in hegtenis geneem.

’n Voorval wat volgens die staat op die moontlikheid van inmenging met die ondersoek dui, was toe Nghipunya ’n man met die naam Ramon gekontak het vir finansiële bystand van sowat N$100 000 of N$80 000 wat hy aan sy prokureur, mnr. Milton Engelbrecht, moes oorplaas.

Volgens Lutibezi het ene Ramon vir Nghipunya ingelig hy het nie daardie soort geld het nie, maar dat hy hom ’n kleiner bedrag kan gee en uiteindelik sy tuinier gevra het om tussen N$30 000 en N$50 000 aan Engelbrecht te betaal.

Die staat glo dus dat daar genoeg bewyse is dat Nghipunya ’n vlugrisiko is en dat hy met die ondersoek en getuies sal inmeng.

NGHIPUNYA DRING AAN OP BORGTOG

Ondanks die feit dat Nghipunya erken het dat sy brood alkant gebotter was deurdat hy miljoene verdien het as ’n visvangkonsultant vir vissersmaatskappye in besigheid met Fishcor, soos Gwanyemba Investment Trust (GIT), terwyl hy aan die stuur van die maatskappy was, het hy daarop aangedring hy verdien om borgtog te kry.

“Ek was verbysterd,” het hy uitgeroep en gesê daar was beslis nie regsverydeling nie, maar bloot die “normale gang van besigheid”.

Volgens sy getuienis het hy inderdaad toestemming van die Fishcor-direksie gehad – ’n stelling wat volgens hom gerugsteun kan word deur ’n oorvloed dokumentasie wat hy ongelukkig nog nie aan die hof kan voorlê nie.

“Die direksie het gemagtig dat ek in my persoonlike hoedanigheid sake doen. Ek dink dis bloot redelike grondwetlike vryheid wat nie deur enige raad weerhou kan word nie...” het hy gesê.

Volgens Nghipunya het sy medebeskuldigde en gewese minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, hom vir hierdie pos benoem en die finale bevel vir sekondering het van die uitvoerende direkteur van die ministerie, dr. Moses Maurihungirire, gekom – al was daar drie senior amptenare bo hom in sy departement.

[email protected]

FOTO
Die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, glo hy verdien om op borgtog vrygelaat te word. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!