Fishrot-6
Die proses het begin om die bates van die ses beskuldigdes in die viskwotaskandaal aan die staat verbeurd te verklaar.
Ronelle Rademeyer – Die sluier is vir die eerste keer amptelik gelig oor presies hóé weelderig die Fishrot-6 geleef het in ’n bateregister wat deel uitmaak van openbare hofdokumente waarin die mees omvangryke korrupsieskandaal in die Namibiese geskiedenis in fyn besonderhede aangestip word.
Dit volg nadat ’n tussentydse bevel vir die beslaglegging van hulle bates op 13 November aan die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, in die hoërhof in Windhoek toegestaan is.
Waarnemende regter Orben Sibeya het egter gelas die inligting mag eers bekend gemaak word nadat die hofbevel saam met afskrifte van die aansoek, wat ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, nr. 29 van 2004, teen hulle ingedien is, op al die verweerders beteken is.
Die aansoek is teen dié ses – die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, sy skoonseun, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala en sy vriend en sakevennoot, mnr. James Hatuikulipi (’n neef van Fitty) en mnr. Pius Mwatelulo – ingedien, asook teen 15 maatskappye en beslote korporasies waarin hulle belange het.
Daarbenewens maak die bates van Esau se dogter, Ndapandula, en sy vrou, Swamma, ook deel uit van die beslagleggingsbevel. Ndapandula is met Fitty getroud.
Die partye het tot 22 Januarie aanstaande jaar tyd om redes aan te voer waarom dié bates nie aan die staat verbeurd verklaar moet word nie. Intussen is dit deur die hof in die bewaring van die bate-administrateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, geplaas.
Nie minders nie as 13 Mercedes-Benze, vyf Range Rovers, twee Landrover Discovery-voertuie, twee BMW’s, drie Volkswagen Amarok-bakkies, ’n Jaguar en sowat 30 ander voertuie is saam met tientalle vaste eiendomme, hulle bank- en beleggingsrekenings en weelde-items soos Rolex- en ander ontwerperhorlosies (31 altesaam) op die uitgebreide lys van bates wat hulle sal verloor as ’n finale hofbevel uitgereik word.
Die ses mans staan tereg op klagte wat spruit uit die beweerde korrupsie in die toekenning van maasbanker-kwotas aan die maatskappy Namgomar Pesca Namibia.
Imalwa sê in haar funderende eedsverklaring van digby 300 bladsye, Namgomar Pesca Namibia gaan saam met sewe ander maatskappye en beslote korporasies wat gebruik is om miljoene Namibiese dollar se smeergeld deur Yslandse vismaatskappye na dié ses te kanaliseer, vervolg word.
Die trustees van twee trusts wat aan Shanghala en die twee Hatuikulipi’s behoort, Omholo Trust en Cambadara Trust, staar ook vervolging in die gesig, terwyl die direkteurs van ses Yslandse maatskappye dieselfde paadjie gaan loop. Dié maatskappye is Esja Holdings, Esja Investments, Mermaria Seafood Namibia, Heinaste Investments Namibia, Saga Seafood en Saga Investments. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie