Fishrot-7 kan vrygelaat word
'n Landdros het daarop gesinspeel die hof sal geen wetlike redes meer hê om die beskuldiges langer aan te hou indien die ondersoek te lank sloer nie.
Ogone Tlhage – 'n Landdros het dié week gesinspeel die hof sal geen verdere rede hê om die Fishrot-verdagtes in aanhouding te hou indien ondersoekbeamptes nie hul ondersoek binne drie maande, voor 14 Desember 2020, afhandel nie.
Landdros Vanessa Stanley het in die Windhoekse landdroshof die staat 'n finale uitstel in die Fishcor- en Nangomar Pesca-hofsaak toegestaan.
Stanley het die beslissing gemaak tydens die hofverskyning van die sewe mans wat van korrupsie, geldwassery en omkopery in die sogenaamde Fishrot-debakel, waarin Fishcor sentraal staan, beskuldig word.
Hulle is die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, die vorige visseryeminister, mnr. Bernhard Esau, die vorige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, die vorige besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia, mnr. James Hatuikulipi, 'n voormalige senior bestuurder van Investec in Namibië, mnr. Ricardo Gustavo, Esau se skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi en mnr. Pius Mwatelulo.
Die klagte teen hulle spruit uit bewerings dat hulle voordeel uit 'n omkoopsindikaat getrek het waar miljoene Namibiese dollar betrokke was, in ruil vir die toekenning van winsgewende viskwotas aan die Yslandse maatskappye deur die staatsbeheerde National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), wat na bewering as instrument gebruik is.
BAIE ONDERSOEKWERK NODIG
Verlede week het die Bank of Namibia gesê hy het die beweging van ongeveer N$10 miljard nagespeur wat aan die Fishrot-skandaal gekoppel kan word.
In die Fishcor-saak is na bewering N$75,6 miljoen aan 'n maatskappy oorbetaal wat aan Esau behoort, terwyl N$103 miljoen glo in die Nangomar-saak oorbetaal is.
Stanley het gesê die vertraging in die afhandeling van die ondersoek deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is regverdig, omdat die saak ingewikkeld is.
Sy neem ook die Covid-19-inperking, plaaslik en internasionaal, in ag, en hoe dit die ondersoek verder belemmer het. Volgens Stanley is baie ondersoekwerk in hierdie sake nodig.
Gustavo se prokureur, mnr. Trevor Brockerhoff, het verlede week gesê die ondersoek na die sogenaamde Fishrot-omkoopskandaal kan jare neem om te voltooi. Van die ander beskuldigdes se prokureurs het verlede Woensdag, as deel van hul regsargumente, gevra dat die landdros die verlenging moet weier of om hul kliënte vry te laat.
Die sewe mans bly in aanhouding.
Intussen het die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, gesê hulle sal by die sperdatum hou.
“Ons sal doen wat ons moet om aan die hofbevel te voldoen en die ondersoek te finaliseer. Of die tyd genoeg is, weet ek nie,” sê hy.
Volgens hom het die Covid-19-inperking die ondersoek belemmer, terwyl baie dokumente uit die buiteland nog vertaal moet word. Noa het verseker dokumente sal betyds aan die aanklaer-generaal gestuur word om besluite oor die klagte toe te laat.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie