Fishrot-duo in sop oor selfone in tronk
Mnre. Sacky Shanghala en James Hatuikulipo was bang hul gesprekke word opgeneem en dat dit hul kans op 'n regverdige verhoor sou benadeel.
Jemima Beukes
Die twee oudministers en Fishrot-beskuldigdes, mnre. Sacky Shanghala en James Hatuikulipi, het glo gesmokkelde selfone gebruik om “veilige” gesprekke met hul prokureurs oor hul naderende verhoor te voer.
Hulle glo hul gesprekke op telefone onder die regering se toesig, word afgeluister en hul reg op 'n regverdige verhoor word in gedrang gestel. Dít volgens adjunk-kommissaris Manfred Jatamunua van die korrektiewe dienste in Windhoek.
Jatamunua het bygevoeg dat die saak nog ondersoek word en gesê: “Ons wag nog op aanbevelings oor watter stappe verder gedoen moet word”.
“Onthou, hierdie mense is verhoorafwagtend en ons moet nog besluit hoe hulle gestraf moet word. Dat hulle met hierdie dinge betrap is, is ’n uitgemaakte saak, maar die dissiplinêre prosedure wat nou moet volg, is ’n uitdaging. Anders as mense wat in 'n gemeenskaplike tronksel is, is hulle reeds in 'n enkelsel,” het hy gesê.
Volgens Jatamunua het die korrektiewe dienste hul uiterste bes gedoen om kommunikasie met prokureurs te vergemaklik, en sulke skelm aktiwiteite met ingesmokkelde selfone is onaanvaarbaar.
“Gedurende my onderhoud met hulle het hulle 'n probleem daarmee gehad om hul saak met hul prokureurs te bespreek via die telefone wat ons in die tronk het. Ons het telefone in die gevangenis wat Telo genoem word. Hulle was bang hul gesprekke word opgeneem en dat dit hul kans op 'n regverdige verhoor sou benadeel. Dit is die verduideliking wat hulle gegee het. Ons het nie die gesprek só ver gevoer dat ons kon uitvind met wie hulle gepraat het nie. Die selfone is hoofsaaklik snags gebruik,” het hy gesê.
IEMAND AAN DIE BINNEKANT?
In reaksie op berigte dat die selfone deur tronkbeamptes ingesmokkel is, het Jatamunua gesê dié moontlikheid kan nie uitgesluit word nie, aangesien daar korrupte amptenare onder die goeies kan wees.
Beide mnre. Gilroy Kasper en Appolos Shimakeleni, die prokureurs wat Hatuikulipi en Shanghala verteenwoordig het, het ontken dat hulle enige kennis van hierdie verwikkelinge dra.
Shimakeleni het gesê hy is nie oor die saak ingelig nie en het navrae na die gevangenisowerhede verwys.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie