Fishrot-geld bly u2018gevriesu2019
Fishrot-geld bly u2018gevriesu2019

Fishrot-geld bly ‘gevries’

Die Yslandse visreus sê hy sal sy verpligtinge nakom, terwyl die hof tans oorweeg wie die koste van die aansoek om toegang tot Fishrot-fondse moet dek.
Augetto Graig
Augetto Graig - Regter Orben Sibeya het Donderdag aangekondig hy aanvaar die laat vaarding van ’n Fishrot-aansoek wat voor die hof gebring is.

In dié aansoek vra mnre. James en Tamson Hatuikulipi dat die beslaglegging op hul rekeninge en bates opgehef word.

Sibeya sal op 19 Februarie uitspraak oor die koste van die aansoek lewer.

Die aansoekers se bates is op 22 November 2019 gekonfiskeer.

Die sluit ’n verbod op toegang tot hul besighede in, wat insluit JTH Trading, JTH Properties, Fitty Entertainment, Erongo Clearing and Forwarding, Greyguard Investments, Olea Investments Number Nine, Otuafika Investments, Otuafika Logistics, Erf One Nine Eight Zero en die Cambadara-trust, waarvan beide aansoekers trustees is.

Die aansoek is teen die finansiële inligtingsentrum (FIC) en sy direkteur, Bank Windhoek, Standard Bank Namibia, die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, me. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal, en die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, ingedien.

Aanvanklik het Namibië se sentrale bank (BoN) toegang tot die rekeninge vir 12 dae tot 4 Desember laat opskort.

Me. Leonie Dunn, direkteur van die FIC, het op 6 Januarie 2020 op navraag van die korrupsiebeskuldiges se regsverteenwoordigers gesê: “As jul kliënte se bankrekeninge gevries is, is dit nie op versoek van die finansiële inligtingsentrum nie.”

Tog het die Hatuikulipis se regspan eers die afgelope Dinsdag, twee dae voor hul hofverskyning, laat weet hulle wil die aansoek terugtrek.

Me. Elize Yssel, van Engling Stritter en vennote, het gesê die aanvanklike aansoek wat by die hoërhof ingedien is, is onvoldoende – vandaar die terugtrekking.

Sy het die hof versoek om deur middel van ’n kostebevel die diskreditering van regeringsinstansies te bestraf, asook die valse beskuldigings in die oorspronklike aansoek en daaropvolgende hofdokumente.

Samherji

Intussen het die Yslandse vismaatskappy Samherji Donderdag gesê hulle is verheug dat die saak teen die kaptein van hul skip die Heinaste Woensdag afgehandel is.

Ná die maatskappy se twee ander skepe, die Geysir en die Saga, Walvisbaai verlaat het, het Samherji se uitvoerende hoof, mnr. Björgólfur Johannsson, gesê hulle sal geleenthede vir die Heinaste in Namibiese waters soek.

Die Saga ondergaan tans instandhouding- en herstelwerk, terwyl die Geysir in Mauritanië visvang, omdat Samherji nie ’n kwota vir die skip ontvang het nie, het Johannsson gesê.

Hy sê die maatskappy is tans in gesprek met Namibiese owerhede op soek na ’n gunstige oplossing.

“Die oplossing, ten minste tydelik, sal die uithuur van die Heinaste aan plaaslike operateurs behels,” het hy gesê.

Volgens Johannsson wil die Samherji-groep werkers, die Namibiese samelewing en minderheidsaandeelhouers in die Heinaste bevoordeel.

Hy sê voor Samherji se finale onttrekking uit Namibië sal sy filiale alle verpligtinge teenoor bemanningslede nakom.

“Verteenwoordigers van Samherji het met die betrokke vissermanne en hul vakbonde vergader. Samherji sal daarna streef om soveel geraaktes moontlik van werk te verskaf – eerstens op die Heinaste,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!