Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks
Namibië het president Hage Geingob se Harambee-teiken rakende korrupsie by verre gemis, toon 'n nuwe wêreldverslag.
Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet, het die volle impak van die beweerde omkoop- en bedrogspul die land nog nie getref nie.
Wag vir volgende jaar, sê mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).
Hopwood het gereageer op Namibië se swakker vertoning op Transparency International (TI) se Corruption Perception Index (CPI), wat gister vrygestel is.
Dié indeks plaas Namibië 56ste uit 180 lande wêreldwyd. Verlede jaar was Namibië 52ste. Uit 'n moontlike 100 punte het Namibië 52 behaal – een punt minder as in 2019.
Die swakker vertoning beteken darem nog nie die wêreld dink Namibië is vrot van korrupsie nie. Dít was die geval van 2003 tot 2015. Sedertdien word Namibië wel beskou as 'n land waar korrupsie in die staatsektor algemeen is.
Soos verlede jaar, lê Namibië steeds vyfde in Afrika suid van die Sahara op TI se jongste indeks. In 2018 het Namibië die vierde posisie beklee.
Volgens die teiken van president Hage Geingob se Harambee-beleid was Namibië veronderstel om teen 2020 die deursigtigste land in Afrika op TI se indeks te wees.
Dié “mislukking” dui daarop baie van die regering se kommer oor korrupsie is net retoriek eerder as wat dit op optrede gegrond is, sê Hopwood.
Troebel water
Hopwood het gister aan Republikein gesê die volle impak van die Fishrot-skandaal word nie deur die nuwe verslag weerspieël nie. Volgens TI is hul jongste indeks op data van 2017 en 2018 gegrond.
Die Fishrot-skandaal – waarin die plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar beweer word – is kort voor die verkiesing verlede November oopgevlek.
Dit het gelei tot die inhegtenisneming van mnre. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die oudjustisieminister, en die sakelui James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.
Hulle verskyn weer op 20 Februarie vanjaar in die Windhoek-landdroshof op klagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.
Daadwerklike optrede
Volgens die IPPR moet die regering daad by woord voeg deur agt stappe te doen.
Almal wat aan korrupsie skuldig bevind is, moet van Swapo se partylys geskrap word.
'n Amptelike ondersoek, onder aanvoering van 'n regter of senior prokureur, na die toekenning van viskwotas en -regte moet gedoen word.
Ministers se verklaring van hul belange en bates moet openbaar gemaak word. Tans het net die president insae daarin.
Die wet op die beskerming van hokaairoepers moet van krag gemaak word. Dit is reeds meer as twee jaar terug aanvaar.
'n Register is nodig waarin dit duidelik is watter staatsdiensamptenare by myn-, olie-, gas- en visbedrywe baat.
Namibië moet by die Extractive Industries Transparency Initiative (EITI) aansluit, wat internasionale standaarde vir goeie regering in olie-, gas- en mineraalhulpbronne verseker.
Wêreldklas-wetgewing moet in die afsienbare toekoms in die parlement ter tafel gelê word, wat toegang tot inligting verseker.
Geingob moet sy bates en belange opnuut in die openbaar verklaar soos wat hy in 2015 gedoen het, sê die IPPR. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie