Fishrot-manne se borgaansoek uitgestel
Slegs een getuie het verlede week tydens die aansoek om borgtog getuig en die saak sal eers oor twee weke hervat.
Kristien Kruger – Die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes wat verlede week in die hoërhof in Windhoek aangehoor is, is Vrydag tot 21 Februarie uitgestel.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoekbeampte, hoofinspekteur Andreas Kanyangela, was Vrydag steeds in die getuienisbank en sy kruisondervraging deur die verdediging, adv. Vas Soni, SC, sal dan hervat.
Soni is ’n Suid-Afrikaanse senior advokaat en verteenwoordig mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.
Dié drie beskuldigdes het geskrewe verklarings by die hof ingedien, in plaas daarvan om die getuienisbank in te neem. Al drie beweer in hul verklarings dat die ACC nie die mag gehad het om die aanklagte van geldwassery en bedrog te ondersoek nie.
Volgens hulle mag die ACC slegs korrupsie ondersoek en nie enige oortredings wat verband hou met die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) nie en daarom voer hulle aan die ondersoek na die Fishrot-skandaal was onwettig.
Soni het ook tydens kruisondervraging op dié punt gehamer en Kanyangela het die ACC se beperkings erken, maar aangevoer die ACC kan steeds sulke oortredings ondersoek en hul bevindinge aan die aanklaer-generaal verskaf.
Soni het in sy kruisondervraging vir Kanyangela en die ACC se ondersoek verder in twyfel probeer trek.
Die ses beskuldigdes wat tans aansoek doen vir borgtog is mnre. James Hatuikulipi, Shanghala, Mwatelulo, Philipus Mwapopi, Mike Nghipunya en Otneel Shuudifonya.
FISHROT-GELDPOT VERDEEL
Dit het ook tydens verlede week se verrigtinge aan die lig gekom hoe die Fishrot-geld, volgens die ACC se ondersoek en ’n ouditverslag wat deur Deloitte uitgevoer is, onder die beskuldigdes verdeel is.
Volgens die verslag het James Hatuikulipi die meeste uit die skandaal gebaat met ’n totale bedrag van sowat N$130 miljoen.
Hy het glo sowat N$32,4 miljoen in sy persoonlike rekening ontvang en die res is deur sy plaaslike maatskappye, waarin sommige van sy medebeskuldigdes aandele gehad het, en een internasionale maatskappy wat hy besit, verkry.
Mnr. Tamson Hatuikulipi het glo sowat N$57 miljoen gebaat en Nghipunya sowat N$44 miljoen.
Shanghala het glo ongeveer N$27,7 miljoen gekry en mnr. Ricardo Gustavo, wat nou op borgtog vry is, na bewering N$22 miljoen.
Shuudifonya het N$21,4 miljoen ontvang, Mwatelulo sowat N$14 miljoen, Mwapopi N$6,4 miljoen, Bernard Esau N$5,5 miljoen en Nigel van Wyk N$1,9 miljoen.
– [email protected]
FOTO
Hoofinspekteur Andreas Kanyangela van die ACC.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie