Fishrot: Miljoene vir ‘konsultasiefooie’
Die staat beweer dat mnr. Phillipus Mwapopi sowat N$4 miljoen van Fishcor ontvang het vir droë visprodukte wat nooit gelewer is nie.
Kristien Kruger – Die aansoek om borgtog van ses van die Fishrot-beskuldigdes het gister in die hoërhof in Windhoek hervat nadat dit in November verlede jaar uitgestel is.
Mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Mike Nghipunya, Otneel Shuudifonya, Phillipus Mwapopi en Pius Mwatelulo verskyn voor regter Shafimana Ueitele.
Nghipunya en Shuudifonya het reeds verlede jaar getuig en Mwapopi het gisteroggend die getuienisbank vir kruisondervraging ingeneem.
Mwapopi het bevestig dat Wanakadu Investment CC – waarin hy aandele besit het – sowat N$4 miljoen vanaf die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) ontvang het.
Die staat beweer Fishcor het die bedrag betaal vir droë vis wat nooit gelewer is nie.
Die adjunk-aanklaer-generaal, adv. Cliff Lutibezi, het tydens kruisondervraging vir Mwapopi gevra oor een kwotasie vir 200 sakke droë Kingklip-bene ter waarde van N$1,3 miljoen wat Wanakadu glo aan Fishcor as deel van die droogtehulpprogram verskaf het.
Volgens Mwapopi het hy die produkte van Flamingo Commodities Supplies gekry en was hy nie betrokke by die aflewering nie en het hy nooit die besending gesien nie. Wanakadu het wel die betaling van Fishcor ontvang.
Lutibezi het gesê die ondersoek het getoon dat Flamingo Commodities Supplies nie werklik bestaan nie en nie ’n geregistreerde sakeonderneming is nie.
Volgens hom is daar ook geen bewyse in die ouditverslag dat Flamingo ooit enige betaling ontvang het nie.
Mwapopi het geen kommentaar oor dié aantyging gelewer nie.
Hy het verder ontken dat Nghipunya 'n 50%-stille vennoot in sy sakeonderneming, Wanakadu Investments, was.
“Mike het geen belang in die besigheid gehad nie.”
BEWEERDE GELDSPOOR NA NGHIPUNYA
Wanakadu het volgens fakture wat aan die hof voorgelê is, altesaam sowat N$4,7 miljoen vanaf Deep Ocean Processors Pty Ltd vir konsultasiedienste ontvang.
Mwapopi het dit bevestig.
Wanakadu het ook miljoene van Loki Investment en Jacob Investments ontvang vir beweerde konsultasiefooie, maar die staat voer aan Mwapopi het geen dienste gelewer nie.
Lutibezi het beweer ’n gedeelte van hierdie bedrag is oorbetaal aan Fine Seafood, waarin Nghipunya belange het.
“Ek was nie bewus dat Mike ’n belang by die maatskappy gehad het nie en ek het geen kommentaar oor die betaling nie,” het Mwapopi geantwoord.
Volgens fakture wat Lutibezi tydens kruisondervraging bespreek het, beweer hy dat Wanakadu uit die N$4,7 miljoen van Deep Ocean, sowat N$219 000 vir ’n eiendom op Omuthiya betaal het en die staat beweer dit was vir Nghipunya.
“Hy het my genader en gesê hulle kan nie die eiendom bekostig nie. Ek het hulle uitgehelp en die geld is aan my terugbetaal,” het Mwapopi gesê.
“Dan sou daar nog ’n transaksie op jou bankstate gewees het vir die geld wat inbetaal is en daar is nie,” het Lutibezi beklemtoon.
Mwapopi het erken dat hy met medebeskuldigdes Tamson Hatuikulipi en Shuudifonya besigheid gedoen het.
"Ek en my medebeskuldigdes was saam in besigheid en al die geld is met betrekking tot sakebedrywighede betaal."
James Hatuikulipi, Shanghala en Mwatelulo sal nie die getuienisbank inneem nie en sal slegs op geskrewe getuienisse steun.
Kruisondervraging sal vandag hervat.
– [email protected]
FOTO
Mnr. Phillipus Mwapopi se getuienis het gister in die hoërhof in Windhoek hervat. Foto Facebook.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie