Fishrot-saak: Esau se appu00e8laansoek uitgestel
Fishrot-saak: Esau se appu00e8laansoek uitgestel

Fishrot-saak: Esau se appèlaansoek uitgestel

Mnr. Bernard Esau en sy skoonseun appelleer teen die laerhof se besluit om hul borgtog te weier.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Mnr. Bernard Esau (63), die voormalige minister van visserye en mariene ­hulpbronne, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi (39), se appèlaansoek teen landdros Duard Kesslau se weiering van hul borgtogaansoek, is tot 20 November uitgestel.

Hulle staan tereg op klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in verband met die Fishrot-skandaal saam met hul mede­beskuldigdes, mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Pius ­Mwatelulo en Mike Nghipunya.

Die twee se appèlaansoek sal in die hoërhof in Windhoek deur regter Marlene Tommasi en waarnemende regter Orben Sibeya aangehoor word.

Esau en Hatuikulipi is sedert hul inhegtenisneming op 27 November 2019 in aanhouding en borgtog is op 22 Julie in die ­landdroshof in Windhoek geweier.

Weens die erns van die oortreding het Kesslau in Julie beslis die vrylating van die verdagtes is nie in die publiek se belang of in die belang van geregtigheid nie.

In hul kennisgewing van appèl beweer Esau en Hatuikulipi dat Kesslau oorhaastig 'n verkeerde beslissing gemaak het.

Volgens hulle is die besluit net op hoorsêbewyse gegrond en nie op die aanname van onskuld totdat skuld bewys word nie.



FISHROT-SES

Die sogenaamde Fishrot-ses, tesame met die geskorste uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, staan tereg op klagte van bedrog wat verband hou met N$75,6 miljoen wat na bewering van Fishcor na ver­skeie regsfirmas en entiteite ­gekanaliseer is.

Esau en sy skoonseun word deur mnre. Richard Metcalfe en Florian Beukes verteenwoordig.

Mnr. Hesekiel Iipinge verteenwoordig die staat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!