Fishrot-saak sloer ná Covid-gevalle in tronk styg
Die Fishrot-verdagtes kon nie Maandag in die hof verskyn nie aangesien tronkbeamptes interne Covid-gevalle probeer beheer.
Ogone Tlhage
’n Styging in Covid-19-gevalle by die Windhoek Sentrale Gevangenis het veroorsaak dat verhoorafwagtende gevangenes nie in staat is om enige van hul eie hofverrigtinge by te woon nie.
Dít volg na die Fishrot-verdagtes nie Maandag in die hof kon verskyn nie aangesien tronkbeamptes interne Covid-gevalle probeer beheer.
Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste, komm.genl. Raphael Hamunyela, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê dié geriewe is gesluit om die verspreiding van die virus onder gevangenes te bekamp.
“Die situasie is besig om te verander . . . dit was stil, maar die afgelope maand en die begin van hierdie maand het dit begin styg. Ons probeer alle beweging opskort. Ons het die hof gevra om hofverskynings vir eers te staak,” het Hamunyela gesê.
‘NIE BUITE BEHEER’
Hy het gesê hoewel die gevalle besig is om te styg, is die situasie nie buite beheer nie.
“Dis nie erg nie, dis nie buite beheer nie. Ons mediese personeel hanteer die situasie.”
Pogings om te verseker gevangenes word teen Covid-19 ingeënt, is ook onderweg, het Hamunyela gesê.
“Die voorsiening is daar vir gevangenes, aangesien dit aan alle Namibiërs beskikbaar gestel is deur ons ministerie van gesondheid. Vir Windhoek het ons glad nie 'n verskoning nie,” het hy gesê.
Hy kon egter geen inligting verskaf oor die aantal gevangenes en gevangenisbeamptes wat ingeënt is nie.
BEïNVLOED SAMEVOEGING VAN SAKE
Die toename in Covid-19-gevalle het ook 'n invloed gehad op die staat se aansoek om die Nangomar- en Fishcor-korrupsiesake saam te voeg.
Hamunyela het gesê sommige Fishrot-verdagtes het Covid-19 opgedoen en moes isoleer.
“Van die Fishrot-betrokkenes het positief getoets,” het hy gesê.
Die staatsaanklaer Ed Marondedze het erken die verhoor is vertraag en gesê 'n brief van die regter se kamers het die staat daarvan in kennis gestel.
“Ons het 'n omsendbrief van die regter se kamers ontvang dat die verhoor weens 'n Covid-19-uitbreking in absentia uitgestel is. 'n Nuwe datum moet nog gekommunikeer word,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie