Fishrot-sage verdiep steeds
Fishrot-sage verdiep steeds

Fishrot-sage verdiep steeds

Borgtog is gister geweier ná die jongste inhegtenisneming in verband met ’n internasionale viskwotaskandaal wat die land geruk het.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die voortslepende Fishrot-skandaal het die afgelope week opnuut verdiep toe ’n lid van die publiek glo ’n teenkorrupsiebeampte wou omkoop.

Die adjunkdirekteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), adv. Erna van der Merwe, wou nie gister kommentaar lewer oor ’n bewering dat mnr. Jason Iyambo, glo N$2 miljoen wou aanbied in ruil vir die bankkaart van een van die Fishrot-sestal nie.

Iyambo is Maandagaand in die hoofstad aangekeer toe die owerhede vir hom ’n lokval gestel het.

Hy het gistermiddag voor landdros Linus Samunzala verskyn.

Mnr. Tatelo Lusepani het namens die staat aangekla.

Borgtog is geweier en die landdros het gelas dat hy ’n formele aansoek om borgtog kan bring.

Sy saak is vir verdere ondersoek tot 20 Februarie vanjaar uitgestel om saam te val met die dag waarop die Fishrot-ses weer in die Windhoek-landdroshof op aanklag van korrupsie, bedrog en geldwassery verskyn.

Die ses is mnre. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die oudjustisieminister, en die sakelui James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.

Hulle is op 27 November verlede jaar aangekeer weens hul beweerde betrokkenheid by die plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar.

Die mans is onlangs van die Seeis-polisiestasie na die Windhoek Sentrale Gevangenis oorgeplaas.

Esau is in daardie tydperk vir ’n onbekende kwaal in ’n private hospitaal behandel.

’n Rehoboth-inwoner, mnr. Nigel van Wyk, is ook tans in aanhouding nadat hy na bewering onlangs Fishrot-bewysstukke uit Shanghala se huis in Klein Windhoek wou verwyder.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!