Fishrot-skandaal

Elvira Hattingh
Ogone Tlhage – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is nog opsoek na twee mans wat met die Fishrot-skandaal verbind word.

Mnr. Philipus Mwaapopi, ‘n werknemer by die Windhoekse stadspolisie, asook die adjunkdirekteur van die Otjozondjupa-streekraad, mnr. Otneel Shuudifonya, moes die afgelope Maandag in die hof verskyn het, maar kon nie opgespoor word nie, sê die ACC.

Dit volg nadat die aanklaer-generaal gesê het dié twee mans asook die uitgeweke prokureur mnr. Marén de Klerk, moet in hegtenis geneem moet word vir die aandeel wat hulle moontlik in die multimiljoendollar-skandaal gehad het.

Hulle moes saam met medebeskuldigdes, mnre. Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Mike Nghipunya, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo in die hof verskyn het.

De Klerk is glo tans in Suid-Afrika en reëlings vir sy uitlewering is reeds onderweg sodat hy aangekla en in hegtenis geneem kan word.

’n Bedrag van N$75,6 miljoen, wat glo omkoopgeld is, is na bewering na ‘n trustrekening van De Klerk se prokureursfirma, DHC Incorporated, oorbetaal.

Mnr. Paulus Noa, die ACC se direkteur-generaal, het nie uitgebrei oor watter rol Shuudifonya en Mwaapopi in die sage gespeel het nie en het gesê dit sal duidelik word sodra dié twee in die hof verskyn.

Intussen het die stadspolisiehoof, mnr. Abraham Kanime, gesê hy sal teen Mwaapopi optree en dat hy slegs deur die media van sy beweerde betrokkenheid in die skandaal te hore gekom het. Hy het bygevoeg Mwaapopi het verdwyn nadat sy beweerde betrokkenheid in die korrupsiesaak aan die lig gekom het en hy is nog nie weer gesien nie.

Me. Agatha Mweti, hoof van die Otjozondjupa-streekraad, het gesê sy het ook via mediaberigte van Shuudifonya se hangende inhegtenisname gehoor. Shuudifonya is die raad se hoof-ontwikkelingsbeplanner. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!