Fishrot-skip laat vissers hoog en droog
Fishrot-skip laat vissers hoog en droog

Fishrot-skip laat vissers hoog en droog

’n Vaartuig wat met die Fishrot-skandaal vebind word, het Namibiese waters Woensdagnag onder twyfelagtige omstandighede verlaat.
Leandrea Louw
Leandrea Louw – ’n Span van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is besig om alle wettige opsies aan te wend om te verseker beslag word op alle eiendom gelê wat met die Fishrot-sage verband hou, sê mnr. Paulus Noa, direkteur-generaal van die kommissie.

Dit sluit die visvangskip die Saga in, wat met die Yslandse vismaatskappy Samherji verbind word.

Dié skip het Namibiese waters glo Woensdagnag verlaat.

“Die eiendomme kan vaartuie insluit. Dit lyk of die betrokke skip die Namibiese vlag vlieg, en daarom word pogings aangewend om hom terug te bring. Ons het internasionale samewerking van buitelandse owerhede versoek om te verseker daar word nie ontslae geraak van eiendomme wat met die saak verband hou nie. Wedersydse internasionale regshulp is kritiek in die saak,” sê Noah.

Volgens van die 120 vissermanne wat weens die skip se skielike vertrek gestrand is, is die indruk geskep die vaartuig word vir herstelwerk na Las Palmas in Spanje geneem.

Die skip behoort aan Saga Seafood en is deur Esja Seafood Limited, ’n dogtermaatskappy van Samherji in Ciprus, gekontrakteer.

Samherji bevind homself aan die spits van ’n internasionale omkoperyskandaal waarby oudministers Sacky Shangala, Bernhard Esau en vier ander sakelui betrek word.

Die maatskappy het na bewering omkoopgeld van sowat N$150 miljoen betaal om tussen 2012 en 2018 toegang tot maasbankerkwotas in Namibië te verseker.

Die Saga was een van die skepe wat vir dié vangste gebruik is.

Noah het beklemtoon die ACC bly toegewy daaraan om die Fishrot-skandaal ten volle oop te vlek.

“Ons beveel sterk aan dat geen vaartuig wat met die saak vebind word, toegelaat moet word om Namibiese hawens te verlaat voor die ACC of die polisie nie daarvan in kennis gestel is nie. Meer inhegtenisnemings volg binnekort,” sê hy.

Hy het versoek dat landsburgers die ACC van inligting verskaf in plaas daarvan om in die sosiale media oor die saak te bespiegel.

“Suksesvolle ondersoeke hang van konkrete inligting en bewyse af en nie blote protes en ongegronde gesprekke nie. Protes moet met inligting gepaard gaan.”

Die Heinaste

Nog ’n vaartuig wat met Samherji verbind word, is die Heinaste, waarop beslag in December verlede jaar gelê is ná dit aan die lig gekom het hy vang vis in ’n beperkte sone naby Walvisbaai.

Die twee kapteins, die Yslander mnr. Angrimu Kristinn Brynjolfson (67) en die Russiese burger mnr. Fetisov Iurii (58), is in hegtenis geneem en elk op borgtog van N$100 000 vrygelaat.

Brynjolfson sal Woensdag gevonnis word.

Mnr. Bean Mbeurora Tjizoo, hoofbioloog van visserye en mariene hulpbronne, het in Brynjolfson se saak aangedui daar is ’n verband tussen Saga Seafood en die Heinaste wat eienaarskap betref.

Tydens die verhoor het die beskuldigde se regsverteenwoordiger, ene me. Kazoha, gesê die Heinaste se kaptein is in diens van Saga Seafood en ’n vragooreenkoms is tussen Saga Seafood en die Heinaste aangegaan, waarvan die beskuldigde aan die stuur was.

Volgens Kazoha kon die staat nie bewys die twee maatskappye het dieselfde aandeelhouers of dirrekteure nie, omdat hy nie bewyse voorgelê het wat aandui wie Saga Seafood se raad van direkteure is nie.

Sy het verder gesê haar kliënt het nie geweet visang in die betrokke area was verbode nie, en dat niemand van sy maatskappy betrokke was nie.

“Sedert sy inhegtenisneming het die eienaar van die vaartuig gesofistikeerde toerusting in die skip laat installeer om die kaptein te lei om te verseker geen wette word oortree nie. Dit sal uiters onregvedig wees om die eienaars verantwoordelik te hou vir die werknemer se optrede, eerder as die onafhanklike kontrakteur wat gebruik is om die vaartuig te stuur.”

Die saak is tot 5 Februarie vir vonnisoplegging uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!