Fishrot-verdagtes kry 2de hoërhofdatum
Die tweede strafsaak van die ses oorspronklike beskuldigdes in die Fishrot-korrupsieskandaal is na die hoërhof oorgeplaas.
Hofverslaggewer
Benewens die oorspronklike ses beskuldigdes in die Fishrot-viskwotaskandaal, sal 'n sewende beskuldigde ook teenwoordig wees wanneer hulle op 22 April hul eerste verskyning in 'n voorverhoor in die hoërhof maak.
Die Fishrot-6, wat in November 2019 in hegtenis geneem is toe die vermeende grootskaalse korrupsie in die uitreiking van viskwotas bekend geword het, is mnre. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die voormalige minister van justisie, James Hatuikulipi, die voormalige besturende direkteur van Investec Namibia en gewese voorsitter van Fishcor, Tamson Hatuikulipi, Esau se skoonseun en 'n neef van James, Ricardo Gustavo, wat ook by Investec Namibia gewerk het, en die sakeman Pius Mwatelulo.
Mnr. Nigel van Wyk, 'n werknemer van Shanghala, is Vrydag bygevoeg as 'n beskuldigde in die saak toe die mans in afwagting van 'n beslissing deur die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa, voor landdros Linus Samunzala verskyn het.
Hulle is meegedeel hulle sal op 14 klagte in die hoërhof moet antwoord. Die Yslandse vismaatskappye in die Samherji-groep en hulle uitvoerende hoofde sal ook vervolg word, is aan die hof gesê.
Volgens die beslissing van die AG staan die beskuldigdes in dié tweede strafsaak voortspruitend uit die Fishrot-ondersoek, tereg op aanklagte van rampokkery, bedrog, omkopery, ampsmisbruik vir eie gewin, geldwassery en sameswering om korrupsie te pleeg.
Hierdie aanklagte spruit voort uit bewerings dat hulle die ministerie van finansies glo bedrieg het toe hulle wanvoorstellings aan die Direktoraat Binnelandse Inkomste gemaak het deur te kenne te gee Nangomar Pesca Namibia het van 2014 tot 2019 'n inkomste van N$12,1 miljoen genereer, terwyl die werklike bedrag ongeveer N$40,1 miljoen was.
Die ander strafsaak teen hulle hou verband met die bewerings dat smeergeld in ruil vir kwotas wat deur die staat se vismaatskappy, Fishcor, uitgereik is, na die Fishrot-begunstigdes gevloei het.
Die bewering is dat die Windhoekse prokureur, mnr. Marén de Klerk, gebruik is om N$75,6 miljoen deur twee rekeninge na hulle en ander begunstigdes te kanaliseer.
Mnr. Mike Nghipunya, die gewese uitvoerende hoof van Fishcor, is in dié deel van die Fishrot-verhoor saam met die ander ses in die beskuldigde bank.
Dié saak is ook op 22 April op voorverhoor in die hoërhof.
Die adjunk-aanklaer-generaal, mnr. Ed Marondedze, bygestaan deur staatsadvokaat Cliff Lutibezi, het Vrydag vir die staat verskyn.
Die sewe mans is verteenwoordig deur mnre. Florian Beukes, Appollus Shimakeleni, Richard Metcalfe, Jermaine Muchalui, Lucious Murorua en Trevor Brockerhoff.
Al sewe beskuldigdes word in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou.– Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie