Fishrot-verhoor: Prokureurs betwis saamvoeg van sake
Howe
Marc Springer – Die korrupsieverhoor oor die viskwota-skandaal wat Namibië wêreldnuus gemaak het, is gister vir nog 'n maand uitgestel.
Van die prokureurs vir die verdediging het regter Christie Liebenberg in die hoërhof ingelig hulle gaan die beplande voeging van die twee verskillende sake teenstaan.
Tydens die jongste voorverhoorverrigtinge het mnre. Milton Engelbrecht, Trevor Brockerhoff en Jermaine Muchali aangedui hulle sal hierdie aansoek deur adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze uitdaag.
Adv. James Diedericks, wat vir oudminister Sacky Shanghala en sakemanne James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo verskyn, het gesê hy sal meer tyd benodig om dokumente en bewysstukke in die saak te bestudeer. Die meer as honderd lêers is volgens Diedericks eers onlangs deur die staat blootgelê. Hy sal eers dan standpunt oor die aansoek vir samvoeging van die sake kan inneem, het Diedericks gesê.
Marondedze het nie die versoek teengestaan nie.
Daar is ooreengekom dat die verdediging op 25 Junie sal aandui wat hul standpunt is.
Die verhoor moet op 12 Julie begin.
Die staat sal op 28 Mei sy lys van getuies beskikbaar stel, asook 'n voorverhoormemorandum en 'n opsomming van basiese feite in die saak.
Mnr. Richard Metcalfe het opnuut beswaar aangeteken teen die vertragings wat 'n samevoeging nou veroorsaak. Hy het Liebenberg egter gelyk gegee dat genoeg tyd vir administratiewe voorbereidings nodig is weens die groot omvang van die beweerde misdrywe.
Die ander beskuldigdes is oudminister Bernhard Esau, mnre. Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Mike Nghipunya, Otneel Shuudifonya, Phillipus Mwapopi en Nigel van Wyk.
Elf ondernemings is ook in die beskuldigdebank.
FOTO
Mnr. Bernhard Esau (regs), voormalige visseryeminister, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi, gister in die hoërhof. Foto Marc Springer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie