Fishrotter skarrel om toegang tot bates te kry
Fishrotter skarrel om toegang tot bates te kry

Fishrotter skarrel om toegang tot bates te kry

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Een van die Fishrot-beskuldigdes het aansoek by die hoërhof in Windhoek gedoen om van sy bates, waarop die aanklaer-generaal in November 2020 op beslag gelê het, te verkoop sodat hy sy uitstaande en toekomstige regskostes kan dek.

Mnr. Ricardo Gustavo het gister voor regter Orben Sibeya verskyn en die aanklaer-generaal het versoek dat die saak uitgestel moet word. Sibeya het die versoek toegestaan en die saak is tot 6 April 2022 uitgestel.

Volgens Gustavo, beloop sy regkostes reeds sowat N$1,3 miljoen waarvan daar tans sowat een miljoen uitstaande is.

“Die rede is voor die hand liggend. Ek het eenvoudig nie die geld om vir dit te betaal nie. Ek het ook nie ander bates wat nie aan die voorlopige beslagleggingsbevel onderhewig is nie,” luidens die hofstukke.

Volgens hom sal sy prokureurs hom nie veel langer sonder betaling verteenwoordig nie.

Dit maak glo inbreuk op sy grondwetlike reg tot ’n regsverteenwoordiger van sy keuse.

“Ek is reeds twee jaar in verskeie siviele en kriminele regsgedinge betrokke en die sake gaan nie binnekort afgehandel word nie. Ek kan nie in sien hoeveel ek ten einde gaan moet opdok nie.”

Gustavo is volgens hofstukke nie van plan om al sy bates vir sy regskostes aan te wend nie, maar slegs genoeg om die kostes te dek.

Gustavo verdien ook nie meer enige vorm van inkomste nie.

Gustavo sal môre (15 Desember) uitspraak ontvang op sy formele aansoek om borgtog.

Die borgtogverhoor is op 25 November voor regter Herman Oosthuizen in die hoërhof in Windhoek afgehandel.

Medebeskuldigdes mnre. Sacky Shanghala, voormalige minister van justisie, James Hatuikulipi, voormalige voorsitter van Fishcor, Mike Nghipunya, voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi se formele aansoek om borgtog sal op 24 Januarie hervat.

Mnr. Nigel van Wyk het vandeesmaand sy formele aansoek teruggetrek en sy regsverteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, het die hof in kennis gestel hulle sal volgende jaar ’n nuwe aansoek indien. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A