Fisieke botsing wag in Ermelo

Andrew Poolman
Tinus du Plessis het vandeesweek in Windhoek weer by die Windhoek Draught Welwitschias op die oefenveld aangesluit, maar sal nie môre by hul kwalifiserende Curriebeker wegwedstryd teen die Steval Pumas op Ermelo betrokke wees nie.
Beserings het afrigter John Williams gedwing om ’n paar veranderinge aan sy groep aan te bring wat die afgelope naweek hul vierde nederlaag op ’n streep teen die OP-Kings gely het.
Die senter JC Greyling (rib), agtsteman Roderique Victor (knie), heelagter Riaan van Zyl (skouer) en haker Gerhard Lotter (harsingskudding) was almal onbeskikbaar om vanoggend saam te vertrek.
Die aansluiting van Tinus du Plessis op die oefenveld was ’n bonus, nadat hy in die tweede helfte van die pas afgelope Engelse seisoen vir London Scottish gespeel het.
Volgens berigte was die flank soos gewoonlik een van die harde werkers, hoewel sy klub uiteindelik agtste in die eerste liga klaargemaak het. “Met twee ekstra wenne kon ons in die topagt gewees het,” sê hy.
Vanweë ’n ligte kwaal sal Du Plessis egter eers ’n week later vir die tuiswedstryd teen Griekwas in aanmerking kom.
Du Plessis was verlede jaar briljant in sy derde Wêreldbeker. Hy is saam met die skrumskakel Eugene Jantjies tweede op die lys (48 toetse elk) van Namibiërs wat die meeste toetsrugby gespeel het, ná die uitgetrede stut Johnnie Redelinghuys (50).
Vyf spelers maak môre hul eerste verskyning in die opdrafspan van die Welwitschias. Stut AJ de Klerk, flank Joe Hermann en senter Francois Wiese het tevore onderskeidelik een, vier en twee verskynings vanaf die reserwebank gemaak.
Haker Callie Swanepoel, FNB Unam opwindende se Lesley Klim as vleuel, asook die reserwe-agterspeler Heinrich Smit is almal vir die eerste keer vanjaar in die Namibiese 22-tal.
Nadat die lynstane een van die Namibiese kwespunte tot dusver was, sal Swanepoel en Hauta Veii (eintlik bekend as ’n stut, maar dié keer reserwehaker) die ingooiwerk moet hanteer.
Elke aspek van die Namibiese spel sal egter opnuut ten volle op Ermelo getoets word. Die Pumas het verlede jaar in die tweede rondte van die Vodacombeker met 61-7 in Windhoek gewen, hoewel hul span hierdie keer heelwat anders lyk. Heelagter Heinrich Steyl, losskakel Justin van Staden en Zimbabwe se bonkige agtsteman Lambert Groenewald is van die min oorblywendes.
’n Interessante stryd lê op binnesenter tussen Wiese, die plaasboer van Witvlei, en die Pumas se Hennie Skorbinski voor. Skorbinski kwalifiseer vir Namibië omdat sy ma hier gebore is en hy was gevolglik reeds in 2014 in die visier van die voormalige nasionale afrigter, Danie Vermeulen.

Die Windhoek Draught Welwitschias: 1 Quintin Esterhuizen, 2 Callie Swanepoel, 3 AJ de Klerk, 4 Muniovita Kasiringua, 5 Ruan Ludick, 6 Rohan Kitshoff (kaptein), 7 Joe Hermann, 8 Leneve Damens, 9 JC Winkler, 10 Shaun Kaizemi, 11 Russell van Wyk, 12 Francois Wiese, 13 Darryl de la Harpe, 14 Lesley Klim, 15 Johann Tromp.
Reserwes: 16 Hauta Veii, 17 Shaun du Preez, 18 Denzil van Wyk, 19 Zayne Groenewaldt, 20 Arthur Bouwer, 21 Justin Nel, 22 Heinrich Smit.

PUMAS MAAK SKUIWE
MJ Mentz, hoofbreier van die Steval Pumas, het sy groep van 22 bekend gemaak vir die vyfde rondte van die Curriebeker kwalifiserende rondte.
Drie gedwonge veranderinge is aangebring nadat slot Hugo Kloppers (voorkoming ná harsingskudding), skrumskakel Reynier van Rooyen (skouerbesering) en vleuel Bernado Botha (kuitbesering) nie hul finale mediese toetse vir die komende wedstryd in Ermelo geslaag het nie.
Kloppers het aanvanklik die harsingskuddingstoets geslaag, maar volgens die nuwe mediese reëls is ’n speler verplig om ’n week te rus, sou hy in ’n wedstryd enigsins bewusteloos geraak het.
Die wedstryd teen die Welwitschias sal by Ermelo Hoërskool gespeel word (15:00 SA tyd).
Hoffmann Maritz sal met sy ervaring die span aanvoer, saam met Lambert Groenewald, wat vir dié kragmeting na agtsteman verskuif. Wiehan Hay sal sy eerste buiging vir die Pienkspan maak, met Marlou van Niekerk wat van die bank af in sy eerste wedstryd vir die Pumas kan opdraf.
Nog ’n ervare speler wat die afgelope tyd van die bank af gespeel het, De-Jay Terblanché, begin dié week as loskopstut.
“Die verandering is ’n bewys van die groep se veelsydigheid en ons voel die rotering van spelers wat die afgelope vier wedstryde van die bank af begin het, kom op ’n goeie tyd. Dit gee vir van die ander spelers ’n welverdiende ruskans, want dis nog ’n lang seisoen wat voorlê. Maar in dieselfde asem verdien hierdie spelers hul plekke in die begin-15.”
Mentz sê: “Ons ken enkele individue in die Namibiese span en verwag dat dié spelers beslis ’n impak sal hê, maar meer as dit weet ons nie veel van hulle af nie. Ons voorbereiding was soos vir enige ander span en ons sal vroeg ons stempel op die wedstryd wil afdruk.”

Die Steval Pumas (1-15): De-Jay Terblanché, Francois du Toit, Marné Coetzee, Wiehan Hay, Jannie Stander, Marnus Schoeman, Nardus van der Walt, Lambert Groenewald (onderkaptein), Emile Temperman, Justin van Staden, Marcello Sampson, Hennie Skorbinski, Hoffmann Maritz (kaptein), Deon Helberg, Heinrich Steyl.
Reserwes: Frank Herne, Khwezi Mona, Stephan Greeff, Dylan Peterson, Johan Herbst, Marlou van Niekerk, Tyler Fisher.

Die naweek se ander wedstryde:

VANDAG
Down Touch Griffons tn SWD Arende op Welkom, 15:00
MÔRE
OP Kings tn Vodacom Blou Bulle in Port Elizabeth, 14:15
Luiperds tn Boland Kavaliers op Potchefstroom, 14:30
Xerox Goue Leeus tn Toyota Vrystaat XV in Johannesburg, 15:00
ORC Griekwas tn Grens Bulldogs in Kimberley, 15:00
Cell C Sharks XV tn DHL Westelike Provinsie in Durban, 17:30

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A