Fisiekheid is wagwoord teen Luiperds
Rugby
Andrew Poolman - Nog 'n sterk vertoning van die agttal sal nodig wees indien die Windhoek Draught Welwitschias hul stewige vertonings in die Curriebeker eerste liga vandag teen die Luiperds wil voortsit.
In drie wedstryde sover ('n oorwinning teen die OP Kings en naelskraapse nederlae teen die Griffons en Valke) is die Namibiese amateurspan nog nie een keer daarvan weerhou om ligapunte by te voeg nie.
Afrigter Lyn Jones se manne bevind hulle tans in die vyfde plek uit die agt spanne (8 punte), maar die Noordwesters se agttal was sover 'n groot faktor in die span se tweede posisie (13) ná die voorlopers die Griffons (15).
Losskakel Theuns Kotzé en binnesenter JC Greyling is die naweek weens werkverpligtinge nie beskikbaar nie. Gelukkig kon Jones op die knoppie van twee nommerpas plaasvervangers druk, want losskakel Eugene Jantjies, senter Darryl de la Harpe en flank Thomasau Forbes speel dié keer in die Namibiese trui pleks van hul klubspan Western Suburbs in die Gold Cup.
David Philander is weer fiks en op sy pos om op linkervleuel by Russell van Wyk – een van laas naweek se driedrukkers teen die Valke – oor te neem.
Anders as laas naweek sal die Namibiërs egter nie weer twee stutte op die reserwebank hê nie, maar alleenlik vir Andries Rousseau.
Rohan Kitshoff, wat laas naweek 'n laat onttrekking teen die Valke weens griep was, sal vanaf die reserwebank opgestuur word om die intensiteit vir die volle 80 minute te help volhou.
Die Luiperds het verlede jaar in die eindstryd van die eerste liga gespeel en sal hoë verwagtinge hê om hul goeie vertoningslys van die afgelope jare teen die Namibiërs voort te sit.
Windhoek Draught Welwitschias:
15 Mahco Prinsloo, 14 Johann Tromp, 13 Lesley Klim, 12 Darryl de la Harpe, 11 David Philander, 10 Eugene Jantjies, 9 Helarius Kisting, 8 Christo van der Merwe (kapt), 7 Thomasau Forbes, 6 Adriaan Booysen, 5 Max Katjijeko, 4 Ruan Ludick, 3 AJ de Klerk, 2 Niël van Vuuren, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: 16 Bigman Kaura, 17 Andries Rousseau, 18 Thomas Kali, 19 Denzil van Wyk, 20 Rohan Kitshoff, 21 Dirk von Weidts, 22 Francois Wiese.
• Die Luiperds se agttal-enjin het meer perdekrag bygekry vir die stryd op Oliënpark teen die Welwitschias met die insluiting van Walt Steenkamp en Loftus Morrison, skryf Suparugby.
Steenkamp sak weer in die middel van die skrum met Boela Venter wat van slot na oopkantflank in die beseerde Gideon van der Merwe se plek skuif, terwyl die strydros Morrison van die bank af sal begin.
Jeandré Rudolph se agttal is sover in die kompetisie die spil waarom die span se welslae draai en voorspelers het 25 van die span se 30 drieë gedruk.
In 'n poging om die agterlyn meer woema te gee, is Lungelo Goza vir sy aanvallende vermoë op heelagter ingesluit, terwyl Gene Willemse op linkervleuel terugkeer.
Die Leeus se leenspeler Dean Gordon, wat verlede jaar op regtervleuel gespeel het, is ook weer op die bank ingesluit.
Die Luiperds-span: Lungelo Goza; Jimmy Mpailane, Justin Newman, Bradley Moolman, Gene Willemse; Schalk Hugo, Chriswill September; Jeandré Rudolph (kapt), HP Swart, Boela Venter, Walt Steenkamp, Stairs Mhlongo, Panda Dekker, Dane van der Westhuysen, Joe Smith. Reserwes: Marius Stander, Francois Jacobs, Loftus Morrison, Marno Redelinghuys, Wessel Kuhn, Elden Schoeman, Dean Gordon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie