Fitch: Namibië nou 'laer as rommel'
Fitch Ratings het die regering se langtermynskuld in buitelandse geldeenhede verder afgradeer.
Dié internasionale kredietgradeerder het Namibië reeds in 2017 na BB+, beter bekend as rommelstatus, afgradeer. Namibië se kredietgradering is nou BB. Dit beteken die land se skuld is twee vlakke onder beleggingstatus.
In hul verslag sê Fitch Namibië se makro-ekonomiese omgewing het verder versleg. Die land se groeipotensiaal het ook verswak, aldus die kredietgradeerder.
Gedempte ekonomiese vooruitsigte, gepaardgaande met “uitsonderlike hoë ongelykheid en hoë werkloosheid” bied beduidende uitdagings vir die regering se plan om sy skuld te stabiliseer deur besteding te verminder, veral rakende die hoë salarisrol van die staatsdiens, sê Fitch.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie