u2018Fittest in the Namibu2019 was uitmergelend
u2018Fittest in the Namibu2019 was uitmergelend

‘Fittest in the Namib’ was uitmergelend

Crossfit
Andrew Poolman
Adam Hartman – Die immergewilde “Fittest in the Namib” kompetisie in Swakopmund laas Vrydag en Saterdag was opnuut ’n treffer vir die Crossfit-gemeenskap van oral in die land.

Altesame 83 spanne het deelgeneem, van so ver as Suid-Afrika. Die kompetisie oor twee dae vir spanne van twee is by die Mole en by die Vineta-atletiekstadion afgehandel, aangebied deur Crossfit Swakopmund en Skeleton Coast CrossFit in samewerking met Connect People To People.

Die eerste dag se twee stelle oefensessies is by die Mole gehou met uithouvermoë en kraguithouvermoë as die hooftoets. Eerste was die Shongololo – ’n eenuur fiksheidstoets waarin die atlete ’n 5 km roete heen en weer moes hardloop en daarna 500 meter in die see swem. Beide atlete van elke span moes die afstande voltooi.

Die tweede oefensessie was die Mad Max van 25 minute op die strand en in die water, waar atlete rondtes op die kajak en twee verskillende kombinasies van bewegings met die ketelbalgewig moes voltooi.

Op dag twee by die Vineta-stadion het nog drie fiksheidstoetse voorgelê, waarna net die toptien van elke afdeling tot die finale rondte deurgedring het.

Spoed was die wagwoord vir die eerste toets van die dag, wat uit vier minute van naellope, touklim en “thrusters” begin het, gevolg deur nog 4 minute met ’n kombinasie van gewigoptelle, hurke en gewigbewegings vanaf die skouer tot bo die kop. Die span met die meeste repetisies het gewen.

Vir die tweede oefensessie moes die mededingers ’n reeks enkelrepetisies oor 12 minute uitvoer. Die gewig van die “snatch ladder” sou elke minuut met ’n sekere hoeveelheid toeneem.

Die laaste sessie voor die finaal het as “Love and Marriage” bekend gestaan – 16 minute van ’n kombinasie van hardloop, dooiegewigoptel, “wall balls”, boksspronge, “double under”-touspronge, “goblet squats” en “burpees” bo-oor ’n stang.

Die uitslae van die “Fittest in the Namib 2021” was soos volg:

RX (ELITE) MANS

1 Commit Elite: Damian Burns & Jaco Britz (CrossFit Commit)

2 Resurgence: Francois van Zyl & Roland Schorkopf (CrossFit Tsumeb)

3 Pin is Uit: Volker Hansen & Zaid Ely (CrossFit Swakopmund)

RX (ELITE) VROUE

1 Commit Rx: Lize Burns & Mariska Smit (CrossFit Commit)

2 Iron Maidens: Angelique Connoway & Elzke de Goede (CrossFit Damascus)

3 Phineas & Ferb: Griet-Marie Coetzee & Lezaan Groenewald (CrossFit Tsumeb)

‘SCALED DIVISION’, MANS:

1 The Bazingas: Jan Greyling & Steven Graaff (CrossFit Bazinga)

2 Breaking Bad: Andre Huisamen (CrossFit Windhoek) & Jaco van Heerden (CrossFit Damascus)

3 Tuin Dwergies: Ian Malan & Siegfried Potgieter (Grootfontein Gym)

‘SCALED DIVISION’, VROUE:

1 A&M: Anika Steinmetz & Maike Lubbert (The Training Shack)

2 Rum & Raspberry #R&R: Larissa Gouws & Lume van Tonder (CrossFit Ground Zero)

3 Wing It: Jackie Coetzee & Victoria Kotze (CrossFit Tsumeb)

MEESTERSMANS

1 Chalk me dirty: Patrick de Goede & Bruce Heyns (CrossFit Damascus)

2 Age Ain’t Nothing But a Number: Gerhard Snyders & John Feris (Skeleton Coast CrossFit)

3 Young Guns: Stanley Kotze & Neels van der Merwe (CrossFit Tsumeb)

MEESTERSVROUE

1 Damascus Boxer Moms: Michelle Pilzer en Suzanne Leff (CrossFit Damascus)

2 Damascus Divas: Katrina Simeon & Claudia Dennis (CrossFit Damascus)

3 Arnie’s Angels: Alethea Borman (CrossFit Swakopmund) & Marta Bormioli (CrossFit Damascus)

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!