Flaminkkuikens kom in Kaap aan
Honderde flaminkkuikens van die Noord-Kaap is Maandagaand in Kaapstad ontvang waar hulle versorg sal word totdat hulle groot en sterk genoeg is om vrygelaat te word. World of Birds in Houtbaai het 100 van dié kuikens ontvang wat uit die Kamfersdam-pan buite Kimberley gered is nadat hulle weens ’n gebrek aan kos en water deur hul broeipare verwerp is. Hendrik Louw, hoofbestuurder van World of Birds, het Dinsdag gesê dat van die swakker kuikens binnenshuis versorg word en die ander buite onder ’n verhittingslamp. Hy sê dit is baie duur om flaminke groot te maak, grootliks weens hul dieet. Die publiek is gevra om kos, gedistilleerde water en ander items soos handdoekpapier en koerantpapier te skenk. Die Suid-Afrikaanse stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sanccob) het ook 500 kuikens by sy sentrum in Table View ingeneem waar sy span spook om hulle te voed en water te gee. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie