Fleck skok met Leyds op losskakel
SuperRugby
Stephen Nell - Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, het verras met Dillyn Leyds as sy losskakel vir môre se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders in Christchurch.
Leyds, wat bitter min ervaring het as losskakel op senior vlak, vervang Damian Willemse. Willemse het verlede naweek in die wedstryd teen die Waratahs 'n harde hou teen sy been gekry. Die verwagting was dat George Whitehead die nr. 10-trui sou dra indien Willemse nie betyds van sy besering herstel nie, maar Fleck het besluit om met iets onortodoks vorendag te kom.
Leyds, wat verkies om heelagter te speel, maar dikwels as vleuel diens doen, het verlede jaar in die Stormers se sege oor die Blues as losskakel opgedraf. Die meeste van sy ervaring in dié posisie is egter in sy junior jare opgedoen.
Dis dus 'n groot besluit om hom teen die SuperRugby-kampioen op losskakel te kies. Dan weer dink Fleck dalk dat die Stormers iets buitengewoon sal moet doen om die Crusaders op hul tuisveld te troef.
Leyds se skuif baan die weg vir Seabelo Senatla om op vleuel na die beginspan terug te keer. EW Viljoen en Cobus Wiese is ook terug in die beginspan: Viljoen vir JJ Engelbrecht op buitesenter en Wiese vir Kobus van Dyk op flank.
Fleck roteer op loskopstut, waar JC Janse van Rensburg vir Steven Kitshoff vervang. Dit kan straks ook daarop gemik wees om die Crusaders laat in die wedstryd in die skrums te troef deur Kitshoff in die tweede helfte op te stuur.
Die Stormers-span is: SP Marais, Seabelo Senatla, EW Viljoen, Damian de Allende, Raymond Rhule, Dillyn Leyds, Dewaldt Duvenage, Nizaam Carr, Cobus Wiese, Siya Kolisi (k), Pieter-Steph du Toit, JD Schickerling, Wilco Louw, Ramone Samuels, JC Janse van Rensburg. Plaasvervangers: Dean Muir, Steven Kitshoff, Carlu Sadie, Jan de Klerk, Sikhumbuzo Notshe, Kobus van Dyk, Justin Phillips en George Whitehead.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie