Florin moet 25 jaar sit voor parool
Florin moet 25 jaar sit voor parool

Florin moet 25 jaar sit voor parool

Dani Booysen
Thomas Florin, die eertydse “Slagter van Swakopmund”, asook Stefanus Skeyer sal nié binne die volgende 90 dae deur die gevangenisowerheid vir parool oorweeg word nie.
Florin sal eers in Desember 2024 vir parool kwalifiseer.
Die uitspraak wat Vrydag in die hooggeregshof gelewer is, is net van toepassing op die aansoekers in hierdie saak wat lewenslange tronkstraf opgelê is voordat die eertydse Wet op Gevangenisse van 1959 op 15 Augustus 1999 deur Namibië se eerste Wet op Gevangenisse van 1998 vervang is.
Uit die 26 aansoekers kwalifiseer 23 volgens die hofuitspraak vir parool. In geval van Ismael Jagger was ’n vonnisdatum nie beskikbaar nie, en sy status moet nog uitgeklaar word.
Florin is op 22 Desember 1999 gevonnis en Skeyer op 16 Oktober 2003. Volgens die toepassing van die 1959-wet sou iemand met ’n lewenslange vonnis na 10 jaar vir parool kwalifiseer. Dit was die helfte van die 20 jaar wat destyds as die minimum lengte van “lewenslank” beskou was.
Die hof het beslis dat hierdie beleid regmatig dus ook moet geld vir diegene wat lewenslange tronkstraf opgelê is voor die 1998-wet van krag geword het.
Die 1998-wet het geen verwysing bevat na die status van diegene wat lewenslange vonnisse uitdien nie. In sy uitspraak was appèlregter Dave Smuts uiters krities oor hierdie gebrek, wat inderdaad die regte van veroordeeldes kon benadeel het. Vir die hele sowat 15 jaar voordat hierdie spreekwoordelike skuiwergat toegestop is, was geen grondwetlike uitdagings in hierdie verband gerig nie.
Op 1 Januarie 2014 het die nuwe Wet op Korrektiewe Dienste van 2012 van krag geword. Hierdie wet het die wet van 1998 terugwerkend vervang en vereis dat iemand wat ’n lewenslange vonnis opgelê is, eers minstens 25 jaar in die tronk moet deurbring voordat hy/sy op parool vrygelaat mag word.
Daar is talle bykomende vereistes vir die toestaan van parool aan so ’n persoon, byvoorbeeld goeie gedrag en die moontlikheid van suksesvolle herintegrasie by die gemeen-skap. Die toestaan van parool aan so ’n persoon moet deur die staatshoof goedgekeur word en streng toesighoudende voorwaardes geld vir die res van hul lewens.
Waar ’n regter vóór die afsnydatum van 15 Augustus 1999 aanbeveel het dat ’n veroordeelde langer as tien jaar se tronkstraf moet uitdien voordat hy vir parool in aanmerking kom, moet sulke uitsprake volgens die hooggeregshof eerbiedig word.
Regter Smuts se uitspraak is beaam deur hoofregter Peter Shivute en appèlregter Sylvester Mainga.
• Republikein teken teenoor die regbank en sy lesers verskoning aan vir die verkeerde beriggewing wat gister oor hierdie uitspraak gepubliseer is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!