Fluitjieblaser se vonnis verminder
Fluitjieblaser se vonnis verminder

Fluitjieblaser se vonnis verminder

In een van pres. Barack Obama se laaste stappe in die Withuis, het hy die persoon wat WikiLeaks van geheime Amerikaanse inligting voorsien het, se vonnis hersien.
Estelle de Bruyn
Pres. Barack Obama het Dinsdag die vonnis van Chelsea Manning, voormalige militêre intelligensie-ontleder in Amerika, wat in 2010 verantwoordelik was vir die uitlap van geheime inligting aan die klikwebwerf, WikiLeaks, verkort.

Dit is die grootste oortreding van sy soort in die Amerikaanse geskiedenis.

’n Withuis-amptenaar sê daar is geen verbintenis tussen Manning se vonnisvermindering en die kommer wat die Amerikaanse regering weer onlangs uitgespreek het oor WikiLeaks se optrede tydens die presidentsverkiesing in 2016 nie. Dit hou ook nie verband met ’n belofte deur Julian Assange, WikiLeaks-stigter, dat hy sal instem om uitgelewer te word as Manning vrygelaat word nie.

Manning was die fokus van ’n wêreldwye debat oor die regering se geheimhouding nadat sy meer as 700 000 dokumente, video’s, diplomatieke boodskappe en inligting oor die slagveld in Irak aan WikiLeaks uitgelap het en toe 35 jaar tronkstraf opgelê is.

In een van sy laaste take as president voordat hy die leisels aan Donald Trump oorhandig, het Obama Manning se vonnis tot sewe jaar verkort, tot die ontsteltenis van sommige Republikeine.

“Dit is net ’n skande,” sê Paul Ryan, speaker van die huis van verteenwoordigers, in ’n verklaring. Ryan, wat ook ’n Republikein is, sê die besluit skep ’n “gevaarlike presedent” vir diegene wat inligting oor nasionale veiligheid en sekuriteit uitlap.

“Chelsea Manning se verraad het Amerikaanse lewens in gevaar gestel en van die mees sensitiewe geheime oor ons nasie blootgelê,” sê Ryan.

Manning het in 2010 as ’n intelligensie-ontleder in Bagdad gewerk toe sy die inligting aan WikiLeaks gegee het. Dit sluit in ’n video van 2007 van ’n Amerikaanse Apache-helikopter wat op insypelaars in Irak skiet en toe talle mense, insluitende twee Reuters-joernaliste gedood het.

’n Withuis-amptenaar, wat met die voorwaarde van anonimiteit met verslaggewers gepraat het, sê Obama se besluit is gegrond op die feit dat Manning se vonnis veel langer is as wat gewoonlik die geval is vir mense wat soortgelyke misdade gepleeg het. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!