• Tuisblad
  • Sake
  • FlySafair is TripAdvisor se top-lugdiens in Afrika
FlySafair is TripAdvisor se top-lugdiens in Afrika
FlySafair is TripAdvisor se top-lugdiens in Afrika

FlySafair is TripAdvisor se top-lugdiens in Afrika

Die relatief jong lugdiens FlySafair het sterk mededingers soos Air Mauritius, Ethiopian Airlines, British Airways/kulula.com en die Suid-Afrikaanse Lugdiens uitgestof as TripAdvisor se beste lugdiens in Afrika en die Indiese Oseaan-streek.

TripAdvisor word beskou as die grootste reiswebtuiste in die wêreld, met meer as 600 miljoen resensies, graderings en menings oor sowat 7,5 miljoen blyplekke, lugdienste, restaurante en bestemmings.

FlySafair het die 2018 TripAdvisor Travellers’ Choice-prys vir lugdienste gewen as die beste lugdiens in Afrika en die Indiese Oseaan-streek, asook die beste ekonomieseklas-lugdiens in dieselfde streek.

Die prys word gegrond op die gehalte en aantal resensies en graderings wat oor ’n tydperk van 12 maande ingesamel is.

Kirby Gordon, hoof van verkope by FlySafair, sê hulle is baie trots op die prys, veral omdat dit op die terugvoering van gebruikers gegrond is.

Van die frases wat reisigers die meeste gebruik het om FlySafair mee te beskryf sluit in “altyd betyds”, “waarde vir geld”, “beter tariewe” en “vriendelike personeel”.

FlySafair het in 2014 met vlugte begin in die hoogs mededingende binnelandse vliegmark waar verskeie lugdienste al die afgelope dekades die aftog moes blaas, soos Nationwide, 1Time, Flitestar en Sun Air.

FlySafair is in 2017 deur die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika aangewys as die bes presterende lugdiens in die laekoste-kategorie.

Selfs pres. Cyril Ramaphosa is onlangs raakgesien toe hy ’n vlug van FlySafair na Durban gehaal het. Dít terwyl die staat se eie lugdiens, die SAL, verliese van miljarde rande ly. ANC- en EFF-parlementslede het onlangs aangevoer parlementslede en ander staatsamptenare behoort verplig te word om die staat se eie lugdienste soos die SAL en Mango te gebruik in ’n poging om hulle te help om kop bo water te hou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!