FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

Ronelle Rademeyer
FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte na Katima Mulilo, Rundu en Lüderitz in te stel.

Westair sê in 'n verklaring hy sal voortaan op Dinsdae, Woensdae, Donderdae, Vrydae en Sondae tussen Eros-lughawe in Windhoek en Ondangwa vlieg.

Volgens die redery is hy ook van plan om vlugte tussen Rundu, Katima Mulilo en Lüderitz in te stel.

Aangesien die werksaamhede van die Vervoerkommissie vir bykans sewe maande vertraag was weens probleme met die kwalifikasie van die vorige voorsitter, me. Rachel Nathaniel-Koch, is die aansoek vir uitbreidings aan sy lugdienslisensie nog nie goedgekeur nie.

Westair sê mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het die versekering gegee dat dit spoedig sal geskied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!