FlyWestair nou Fly Namibia
Volgens die redery se uitvoerende hoof simboliseer die nuwe naam en logo hul verantwoordelikheid en toewyding teenoor mekaar en om nuwe verhoudings te smee.
Yolanda Nel – Om voortaan die plaaslike lugvaartbedryf en die ekonomie te laat groei en ontwikkel, sal die plaaslike lugredery FlyWestair voortaan onder die handelsnaam Fly Namibia werksaam wees.
Volgens die redery se uitvoerende hoof, mnr. Henri van Schalkwyk, simboliseer beide die nuwe naam en logo hul verantwoordelikheid en verbintenis teenoor mekaar en om nuwe verhoudings te smee.
Saam met die herbekendstelling het die lugredery ook ’n beursskema van stapel gestuur.
“Ons het elke sakegeleentheid gebruik om te belê in die vaardigheidsontwikkeling van ons personeel en in die lugvaartinfrastruktuur by die Eros-lughawe,” het Van Schalkwyk gesê.
“Hierdie infrastruktuur word deel van wat Namibië kan bied en dis ons doelwit om te verseker dat lugvaartverwante dienste ’n uitvoerproduk word waarop ons almal trots kan wees.”
Vanaf volgende jaar sal tien aspirantvliegtuigingenieurs sowel as tien aspirantvlieëniers en kajuitpersoneel beurse ontvang.
“Hierdie individue sal – terwyl hulle besig is met formele opleiding – terselfdertyd blootstelling kry aan elke aspek van die lugvaartbedryf. Dus, wanneer hulle as vlieëniers of vliegtuigingenieurs kwalifiseer, het hulle ’n goeie grondslag van werklike lugvaartervaring.”
Hy het gesê in ’n poging om te help met die herstel van die toerismebedryf ná Covid, is ’n safari-skedule ook van stapel gestuur. “Hierdeur skep ons verbindings vir sakelui, vir regeringsagentskappe, vir gesinne wat herenig word en bowenal, vir die toerismesektor om te groei en te floreer.”
Fly Namibia sal vanaf April volgende jaar daaglikse vlugte tussen Windhoek-Sossusvlei-Swakopmund-Etosha onderneem, wat die gewildste Namibiese toerismebestemmings sal verbind met ander gewilde bestemmings in Suider-Afrika – insluitend die Victoria-waterval, die Okavangodelta en Kaapstad.
Volgens Van Schalkwyk bied hierdie skedule ’n koste-effektiewe en doeltreffende manier aan toeriste bied om Namibië te verken.
“Dit maak dit vir elke toeris moontlik om met enige lugredery na Namibië te reis en hul eerste en laaste nag in enige van hierdie pragtige bestemmings deur te bring.”
Die adjunkminister van die omgewing, bosbou en toerisme, me. Heather Sibungo, het by die geleentheid gesê die ministerie is hoopvol dat die doelwit om maklik toeganklike lugvaartdienste aan ontspanningsreisigers na Namibië se vlagskip-toerismebestemmings te verskaf, vinniger en op ’n gesonde kommersiële grondslag verwesenlik sal word.
“Die ministerie het toeganklikheid tot die grootste toerismebestemmings as ’n prioriteitsprogram in sy toerismeherstelplan vir die volgende drie jaar uitgelig. In die lig hiervan kom die Safari-roete op die regte tyd na die mark,” het sy gesê.
Sibungo het bygevoeg die ministerie het ’n beroep op potensiële reisigers gedoen om van hierdie lugroetes gebruik te maak om hierdie ikoniese toerismebestemmings te ervaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie