• Tuisblad
  • Sake
  • FNB ondersteun Sentrale Hospitaal se harteenheid
FNB ondersteun Sentrale Hospitaal se harteenheid
FNB ondersteun Sentrale Hospitaal se harteenheid

FNB ondersteun Sentrale Hospitaal se harteenheid

Sanet de Waal
FNB Namibia het deur sy FirstRand Namibia Foundation mediese toerusting ter waarde van N$219 000 aan die harteenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal geskenk.

Die fondse is deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gebruik om kateters en drade aan te koop om dokters in staat te stel om pasiënte met hartsiektes sonder 'n operasie te diagnoseer en te behandel. Dié komplekse maar noodsaaklike proses is tot op hede op 43 pasiënte uitgevoer waarvan die jongste net drie maande en die oudste 63 jaar oud is.

"Die FirstRand Namibia Foundation is gestig om dié te help wat in nood verkeer en gesondheid is een van die sleutelsektore wat ons ondersteun. Die regering kan nie alleen al die gesondheidsuitdagings bestuur wat die land in die gesig staar nie. Dis ons eer om deel van so baie Namibiërs te wees wat hul eie belange eenkant toe stoot en saamstaan om die regering en ons land te help," sê me. Jane Katjavivi, trustee van die stigting.

Namibië het die afgelope 15 jaar groot vooruitgang gemaak om hartsiektes plaaslik te behandel. Die Windhoek Sentrale Hospitaal se harteenheid speel sedert 2008 'n kritieke rol hierin. Namibië het 'n hoë voorkoms van aangebore en rumatiese hartsiekte, met 'n gemiddeld van 40 tot 50 kinders wat weekliks in klinieke as buitepasiënte gesien word. Nuwe pasiënte wat met strukturele hartsiektes gebore word, word ook daagliks in die neonatale eenhede gesien. Dokters en verpleegsters hou twee tot drie uitreikklinieke jaarliks by twee hospitale in die noorde van die land omdat dit weens die groter bevolkings die meeste geraak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!