FNB stel biometriese kitsbank bekend
FNB het ’n nuwe soort kitsbank bekendgestel wat gebruikers se biometriese besonderhede gebruik om transaksies uit te voer.
Met FNB se TouchPoint sal ’n gebruiker onder meer geld kan onttrek, oorbetalings doen, ’n rekeningstaat aanvra sowel as lugtyd en elektrisiteit aanskaf.
Gebruikers sal hul vinger laat skandeer om hul identiteit te bevestig en toegang tot hul rekeninge te verkry, verduidelik Lee-Anne van Zyl, ’n uitvoerende amptenaar by FNB.
“Die biometriese skandeerder kan vals vingerafdrukke bespeur en só help om bedrog te voorkom.”
Kliënte sal ook ’n nuwe rekening met die TouchPoint kan open deur hul vingerafdruk te registreer. Hul identiteit word eers deur die departement van binnelandse sake bevestig om te voldoen aan bepaalde wetgewing, sê Van Zyl.
Die TouchPoint word reeds sedert November in Gauteng getoets en die bank is nou gereed om meer toestelle op verskillende punte regoor Suid-Afrika te plaas.
Volgens ’n verklaring beplan die bank om 50 TouchPoint-kitsbanke oor die volgende ses maande na bepaalde informele nedersettings te versprei om bankdienste aan Suid-Afrikaners te bied wat tot dusver nie toegang daartoe gehad het nie.
“Die bekendstelling van biometriese verifikasie op toestelle is ’n belangrike stap om bankdienste toegankliker vir gemeenskappe te maak,” sê Van Zyl.
FNB mik daarna om uiteindelik ’n TouchPoint-toestel in elke tak sowel as ’n verskeidenheid kleinhandelaars landwyd te hê.
“Plaaslike kleinhandelaars is dikwels die ruggraat van baie gemeenskappe, veral vir senior burgers wat staatmaak op plaaslike winkels om toegang tot basiese dienste te verkry.
“Ons glo dat ons vennootskap met dié ondernemings voetverkeer daarheen sal aandryf en hulle sal help om meer waarde aan kliënte te bied.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie