FNB stel Classic Clashes bekend
Skolesport
Meer as 40 hoërskole sal vanjaar wedstryde speel in vanjaar se FNB Classic Clashes reeks wat gister in die hoofstad bekendgestel is.
Vir die tiende jaar van die gewilde reeks sal skole wat oor jare 'n sterk onderlinge mededinging opgebou het, weer in rugby, sokker en netbal slaags raak.
Die eerste wedstryde is reeds hierdie Vrydag, wanneer die netbalspanne van St. Joseph's Rooms-Katolieke Hoërskool teen Eldorado Sekondêre Skool by Döbra te staan sal kom.
Die tema vir vanjaar se Classic Clashes is “Game On! Be a Hero. Be There!”
Mnr. Sollie Duiker, die nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesportunie (NSSU), het gesê die tradisie van intense skolewedstryde help om by kinders die goeie eienskappe soos dissipline, spanwerk en leierskap tuis te bring.
“Dit help skole ook om hulself te bemark en die sportkodes soos rugby en netbal word bevorder deurdat kinders daaraan blootgestel word.”
Die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Simataa Mwiya, het gesê ouers behoort hul kinders onvoorwaardelik te ondersteun wanneer dit by sportdeelname kom.
“Gebeure soos die Classic Clashes help om sporttalent vanaf 'n jong ouderdom te ontwikkel. Dit gaan hand aan hand met die Sportkommissie se visie om 'n kompeterende en toegewyde sportnasie te ontwikkel.”
Mwiya sê sport speel 'n belangrike rol om vir die jeug uit moeilike omstandighede 'n uitlaatklep vir hul energie en frustrasies te gee, wat andersins tot verkeerde paaie soos misdaad kan lei. “'n Kontaksport soos rugby is 'n goeie voorbeeld, wat boonop geldelike moontlikhede inhou vir mense wat dalk min ander kanse in die lewe kry.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie