FNB waarsku kliënte ná internasionale kuberaanval
FNB Namibia het die eerste Namibiese maatskappy geword wat kliënte gemaan het teen verdagte e-posse ná die kuberaanval die naweek waarin die WannaCry-lospryswurm meer as 300 000 rekenaars in 150 lande lamgelê het.
Die bank se risikobestuurder vir inligtingstegnologie, Holger Bossow, sê benewens groot maatskappye soos Nissan in Brittanje, Portugal Telecom Group, Reanult en PetroChina wat die naweek aangeval is, word die verspreiding van die virus voortgesit.
"Dit dring die rekenaar wat aangeval word, binne, en enkripteer die hardeskyf. Daarna word 'n losprys van US$300 geëis vir die inligting op die hardeskyf om weer ontsluit te word," verduidelik hy.
Die WannaCry-lospryswurm dring die rekenaar deur 'n e-pos of kwesbaarhede in 'n maatskappy se rekenaarstelsel binne.
Hy waarsku dat hoewel dit lyk asof die eerste ronde van die aanval verby is, die moontlikheid bestaan dat die kuberkrakers die virus sal aanpas en dit weer uitstuur.
"Ons wil ons kliënte en die breër publiek waarsku om nie enige verdagte e-posse oop te maak of op enige skakels in verdagte e-posse te kliek nie. Indien jy vermoed jou rekenaar is aangeval, ontkoppel dit van die netwerk, skakel dit af en kontak jou IT-departement," is sy raad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie