Focac: Namibië moet proaktief wees
China sê hy wil Namibië met wildbeskerming en voorkoming van verwoestyning help.
Catherine Sasman - Namibiërs moet hulself met die Forum vir China-Afrika-samewerking vereenselwig en die ontwikkeling daarom volg, want dit “behels ons bilaterale samewerking met China en die impak daarvan op ons lewensbestaan”.
So sê die minister van internasionele betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah.
Die forum (Focac) is een van agt vennootskappe tussen die Afrika-unie en sy ontwikkelingsvennote, maar China het 'n baie groter ekonomiese mag op die Afrika-vasteland as ander geword.
Rakende sy bilaterale betrekkinge met Namibië, is China een van die topdrie. Dit het reeds Suid-Afrika verbygesteek wat handel met Namibië betref.
Tog vind Namibiërs en Namibiese maatskappye dit moeilik om 'n gesonde balans tussen Chinese en nasionale belange hier te vind.
Mnr. Ned Sibeya, direkteur van ontwikkelingsvennootskap-koördinering by die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), erken daar is "uitdagings" in hoe programme en projekte geborg deur China in die verlede bestuur is.
Hy het gesê die twee regerings het nou ooreengekom om die tenderstelsel meer "plaaslik" te maak.
“Dit beteken ons moedig die Chinese regering aan om te verseker Chinese maatskappye wat in China-gefinansierde projekte in Namibië deelneem, is slegs diegene wat reeds hier geregistreer is. Dit sluit Namibiese maatskappye en ander buitelanders in," het Sibeya gesê.
Hy het gesê dit is ook ooreengekom dat plaaslik vervaardigde materiaal 'n prioriteit moet wees in die aankoop van materiale vir nuwe projekte.
"Wat betref projekte wat deur China gefinansier word, sal ons aandring op gesamentlike ondernemings met Namibiese maatskappye of dat Namibiese maatskappye gesubkontrakteer word vir minstens 30% van die projekbedrag,” het Sibeya gesê.
Die direkteur van internasionale betrekkinge van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Marius Kudumo, het gesê Namibië en ander Afrika-lande moenie vir China of enige ander internasionale vennote blameer as die ooreenkoms nie op 'n wen-wen-situasie uitgeloop het nie.
“Hulle [China en ander lande] is baie duidelik oor hul strategieë oor interaksie met Afrika en wat hulle veronderstel is om daaruit te kry,” het Kudumo gesê.
'n Fundamentele oorweging vir Afrikane is of die ekonomiese en politieke wanbalans tussen China en Afrika-lande werklik 'n wen-wen-uitkoms kan lewer of nie, en watter voorwaardes so 'n scenario tot gevolg kan hê.
"As ons praat oor China-Afrika-samewerking en sy impak, moet ons onsself afvra tot watter mate dit bydra tot die uitbreiding van die keuses van mense; tot watter mate dit bydra tot menslike ontwikkeling en 'n beter lewe," het Kudumo gesê.
"Ons moet ons nasionale belange en prioriteite duidelik prioritiseer. Ons moet proaktief eerder as reaktief in ons internasionale betrekkinge wees. As ons reaktief is, sal ons vat wat vir ons gegee word, maar dalk nie ons beste belange in ag neem nie."
CHINA STORM VOORT
China gaan voort om sy voetspoor op die vasteland te vergroot, terwyl Namibië en die res van Afrika steeds sukkel oor hoe om ten beste voordeel uit hierdie samewerking te kry.
Saakgelastigde Yang Yun van die Chinese ambassade in Namibië het gesê daar is meer stukrag in Namibië-China-betrekkinge ná verlede jaar se Focac-beraad in Beijing.
Hy het gesê China “staan gereed” om landbouhulp en -tegnologie te verskaf deur landboukundiges te stuur; groot infrastruktuurprojekte te bou; omgewingsamewerking te implementeer soos ontsouting; wildbeskerming; die voorkoming van verwoestyning en beheer daarvan; asook ontwikkeling te verbeter.
Yun het gesê onder die Focac-raamwerk het die lande ooreengekom om meer Chinese mediese spanne na Namibië te stuur, asook hulp vir weerlose groepe.
China wil die ontwikkeling van Confucius-institute hier bevorder en 'n Chinese kulturele sentrum bou.
Yun het gesê China wil sekuriteitsamewerking versterk, en ondersteun die konstruksie van 'n “veilige stad”, asook die opleiding aan wetstoepassingspersoneel.
Projekte wat gebaat het by Focac
· Chairman Mao Zedong-skool, Khomasstreek
· Hardap-akwakultuurprojek, Hardap
· Omuthiya-hospitaalkonstruksie
· Nasionale Jeugopleidingsentrum, Fase 1 en 2, Rietfontein
· Visaplakkerprojek
· Noodvoedselskenking vir droogteverligting (2016, 2017)
· Meteorologiese toerustingprojek
· Noordelike paaiekonstruksie
· Toerusting vir Unam op Ongwediva
· Konstruksie van Onashikuvu, Tsumkwe en Talismanus
· Primêre skole en opgradering van Tsumkwe gekombineerde skole op Oshikoto en Otjozondjupa
· Menslikehulpbronontwikkeling-programme
Projekte wat onder Focac voordeel sal trek
· Fase 2B van die Dordabis-aansluiting op die pad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako I (21,3 km)
· Konstruksie van vier landelike skole en koshuise
· Stasie vir ruimte-opsporingstasie, telematrie, satellietdata-ontvangs
· Konstruksie van behuising op Gobabis en Grootfontein
(Voorsien deur die Nasionale Beplanningskommissie)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie