Fosfaatgeveg nog nie oor
Landsburgers sê ondanks die versekering wat die ministerie van die omgewing en toerisme gee dat alles gedoen gaan word om die integriteit van Namibië se seelewe te behou, is hulle nie gelukkig nie.
Catherine Sasman - Die tersydestelling van die klaringsertifikaat aan Namibian Marine Phosphate (NMP) om kans te gee vir méér konsultasie oor die volgende ses maande, kan moontlik slegs ‘n tydelike terugslag vir die voorstanders vir mariene fosfaat-ontginning wees.
NMP het reeds aangedui dat dit bereid is om voort te veg vir die reg om fosfaat op die Namibiese seebed te myn.
Die visbedryf en ander stemme uit gemeenskappe oor die lengte en breedte van die land staan ook reg met gebalde vuiste om te baklei vir die integriteit van die oseaan in die Namibiese eksklusiewe ekonomiese sone en die volhoubaarheid van ander sektore wat afhanklik is van die welvaart van die mariene ekostelsel.
In een hoek van die kryt is die Namibiese sakeman, mnr. Knowledge Katti, en sy Omaanse miljardêr-belegger, mnr. Mohammed Al Barwani, die eienaars van NMP, wat onderskeidelik 15% en 85% aandeelhouding in die maatskappy besit.
Aan die ander kant is die groeiende, kritiese en waarskuwende stemme van die visbedryf, plaaslike wetenskaplikes, bekommerde groen-aktiviste en ontstoke landsburgers wat meen hulle word om die bos gelei deur gierige en gewetenlose beleggers wat bereid is om die Namibiese omgewing op die altaar van winste te offer.
Te midde van die geveg is beleidmakers en besluitnemers wat aan die einde van die dag finaal moet oordeel of potensiële opbrengste uit mariene fosfaat-ontginning genoeg is om ‘n kans te waag op ongekende terrein wat kenners sê moontlik die algehele mariene ekostelsel kan vernietig.
DIE VOORSTANDERS
Omdat mariene fosfaat-ontginning nog nêrens in die wêreld gedoen is nie is, bestaan geen wetenskaplike bewyse oor die omgewingsimpak daarvan nie, argumenteer voorstanders. Hulle is veral maatskappye met planne om in Namibiese waters hierdie tipe mynbou te onderneem, wat meen teenstand is “op emosies” gebaseer.
Mnr. Grant Rau, hoofgeoloog van die Israeli-gebaseerde SAMICOR Groep wat LL Namibia Phosphate besit, het by ‘n onlangse openbare gesprek gesê mariene fosfaat-ontginning kan armoede in Namibië uitwis.
Rau het gesê die potensiële bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) kan so veel as sewe persent wees terwyl die lewensduur van sulke mynbou tot 1 000 jaar kan strek.
LL Namibia Phosphate het reeds in die middel van 2014 begin met die konstruksie van ‘n demonstrasie-aanleg vir mariene fosfaat-ontginning op Lüderitz.
Van die voorstanders vergelyk die huidige bydrae van die visbedryf tot die Namibiese ekonomie met dié van mynbou: Die visbedryf dra 12% van buitelandse reserwes by terwyl diamantmynbou 40% en die koper-sektor 25% bydra.
WAAROM FOSFAAT?
Die wêreld se bevolking het die afgelope 100 jaar ‘n ongeëwenaarde groei ervaar – van ongeveer twee miljard na meer as sewe miljard. Gepaardgaande is die dramatiese groei in die aanvraag vir onder meer voedselproduksie en kunsmis.
Fosfaat is onontbeerlik vir plantegroei en is ‘n baie belangrike bestanddeel van die mens se huidige moderne lewe.
Dr. Mary Seely, ‘n biochemikus en ikoon onder wetenskaplikes in Namibië, meen egter ons moet “teruggaan” na “geskiedkundige bronne van fosfaat” eerder as om in ongekende waters te ploeter.
Sulke “geskiedkundige bronne” sluit in uitskeidings van dier, soos gwano, én mens. Sy moedig ook organiese landboumetodes aan.
“Méér fosfaat gaan nie dieselfde grond méér voedsel laat produseer nie,” het Seely gesê, en gee erkenning aan voedselproduseerders wat “van die chemiese trapmeul” klim om volhoubare produksie mee te bring.
“Wat gaan Namibië doen om ‘n meer volhoubare toekoms te verseker terwyl groepe in teenoorgestelde rigtings trek?” vra Seely.
Sy voeg egter by dat nuwe ontwikkelinge soos die ontginning van die seebodem “nie bemagtig is deur die “gemeenskaplike erfenis van die mensdom” óf die groeiende konsensus van die Verenigde Nasies se Regte van die See nie.
Haar gevolgtrekking is dat mariene fosfaat-ontginning in Namibiese waters 85% winste aan die Omani-miljardêr, 15% winste aan Katti en 100% verliese vir die Namibiese omgewing sal inhou.
OPENBARE KOMMER
Baie Namibiërs het sterk kapsie gemaak teen die vooruitsigte dat die land die eerste mag wees wat bereid is om te eksperimenteer met mariene fosfaat-ontginning, ondanks die feit dat geen beskikbare wetenskaplike inligting bestaan oor die impak wat dit op die omgewing mag hê nie.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê die ontginningsgebied waarvoor NMP om ‘n klaringsertifikaat aansoek gedoen het, dek slegs ‘n gebied van 2,233 vierkante kilometer in dieptes van tussen 190 en 300 meter.
Hy het geargumenteer dat die gebied wat NMP gaan myn slegs 0,0003% van die Namibiese eksklusiewe ekonomiese mariene sone dek.
NMP het bygesê die omgewingsimpakstudie dui dat die ontginning slegs ‘n “minimale impak” op die mariene omgewing sal inhou.
Die mariene bioloog, prof. Edosa Omoregie, het sterk openbare reaksie ontlok toe hy gesê het fosfaat-ontginning, hoe groot of klein die skaal, vernietigende effekte op die mariene ekostelsel kan hê as die seebodem versteur word.
Terwyl sy verdoemende voorspelling deur ‘n koor van stemme as ongegrond gekritiseer is, het prof. André du Pisani gewaarsku dat ‘n dringende behoefte aan onafhanklike, robuuste wetenskaplike advies op die hoogste vlakke van die regering bestaan.
“Ek sê nie daar is nie wetenskaplike advies wat aan die regering voorsien word nie, maar ons stuur af op ‘n ramp,” het Du Pisani gesê.
“Ons praat van ontwikkeling en voorspoed, maar daarvan sal niks kom as ons nie geloofwaardige wetenskap in openbare en sosiale beleid integreer nie,” het Du Pisani gesê.
Die direkteur van toerisme, dr. Sem Shikongo, het voorgestel dat Namibië nie soos die ou Oshiwambo-gesegde “mahango in jenewer” verander nie, maar eerder hierdie Pandora-doos moet toehou.
“Vir ons kinders om te oorleef, moet ons hierdie ding begrawe,” het Shikongo voorgestel.
DIE HOFUITDAGING
Vóór die ses maande verstryk, gaan nog baie vuurwerke plaasvind.
Die dringende aansoek wat by die hoërhof deur die visbedryf aanhangig gemaak is, gaan op 29 November in die hof afspeel.
Die appellante is die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings (CNFA); die Namibiese Stokvisvereniging; die Oopsee-treilvisseryvereniging van Namibië (Midwater Trawling Association of Namibia); en Omualu Fishing.
Die respondente is die kommissaris van die omgewing, mnr. Teofilus Nghitila; die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau; die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze; die prokureur-generaal, mnr. Sackey Shanghala; en die NMP.
Aan die kern van die hofuitdaging is dat die visbedryf aanvoer dat die mynlisensie aan NMP reeds op 6 Februarie 2013 verstrek is.
Die ministerie van myne het op 26 Julie 2011 ‘n 20-jarige mynlisensie aan NMP uitgereik. Die visbedryf sê die verpligte omgewingsimpakstudie was nie ses maande ná die uitreiking van die mynlisensie gedoen nie en ‘n omgewingskontrak was toe ook nie onderteken nie.
Die visbedryf voer ook aan dat die NMP tussen 6 Februarie 2012 en 6 Februarie 2013 om ‘n klaringsertifikaat by die ministerie van die omgewing moes aansoek gedoen het. Dit was blykbaar nie gedoen nie.
Die appellante sê ook dat die toekenning van die klaringsertifikaat op 5 September lynreg met Artikel 101 van die Namibiese grondwet bots wat bepaal dat die staat, onder meer, die ekostelsels moet handhaaf.
Bowendien het Namibië internasionale regsinstrumente onderteken wat die staat verplig om alle moontlike stappe te doen om enige beduidende negatiewe impakte op die mariene omgewing te vermy en om die biodiversiteit en integriteit van die mariene ekostelsel te beskerm, sowel as om die risiko te verminder van langtermyneffekte soos wat fosfaatontginning van die seebodem kan veroorsaak.
Een van hierdie regsinstrumente is die Benguelastroom-konvensie wat Namibië op 18 Maart 2013 saam met Angola en Suid-Afrika onderteken het. Dié konvensie het ten doel om die volhoubare bestuur van mariene hulpbronne te verseker.
Die kommissaris van die omgewing en minister van die omgewing en toerisme het tot nou volgehou dat alle prosedures korrek gevolg is en dat die NMP aan “streng voorwaardes” onderwerp sal wees om te verseker dat Namibië sy verpligtinge teenoor sy landsburgers en die internasionale gemeenskap sal nakom.
DIE TYDLYN VAN DIE PROSEDURE WAT DIE MINISTERIE VAN DIE OMGEWING EN TOERISME Sê WáS GEDOEN
• 26 Julie 2011:
Die ministerie van myne en energie ken mynlisensie 170, ongeveer 120 kilometer suidwes van Walvisbaai, aan Namibian Marine Phosphate (NMP) toe vóór die Wet op die Bestuur van die Omgewing, No. 7 van 2007 in werking tree.
• September 2011:
‘n Openbare konsultasieproses begin met ses vergaderings in Walvisbaai en Windhoek. Aparte fokusgroepvergaderings is op 21 September 2011 met amptenare van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne (MFMR) op Swakopmund gehou.
• 1 November 2011:
‘n Fokusgroepvergadering word met die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings (CNFA) en amptenare van die MFMR gehou waar “kritiese kwessies” bespreek is wat in die volle omgewingsimpakstudie ingesluit sou word.
• In November 2011:
‘n Verslag oor die openbare konsultasieproses en bekendmaking is aan die ministerie van die omgewing en toerisme gestuur. Dít was ook voordat die Wet op die Bestuur van die Omgewing, No. 7 van 2007 in werking tree het.
• 11 April 2012:
Die omgewingsimpakstudie vir die Sandpiper-projek: “Voorgestelde Herwinning van Fosfaatverrykte Sedimente vir die Mariene Lisensiegebied 170 aan die Kus van Walvisbaai” word ontvang.
• 17 April 2012:
NMP stuur kennisgewings van die aansoek en versoeke vir geskrewe kommentaar. Verskeie versoeke vir kommentaar was ook gemaak in The Namibian (6 September 2011, bladsy 21); Namib Times (16 September 2011 en 25 November 2011); Republikein (15 November 2011). Die ministerie van die omgewing sê geregistreerde belanghebbende en geaffekteerde partye was die geleentheid gebied om geskrewe kommentaar aan die kommissaris van die omgewing te stuur.
• 20 April 2012:
Die ontvangs van die omgewingsimpakstudie word erken, nege dae nadat dit ontvang is.
• 15 Junie 2012:
Die ministerie van die omgewing en toerisme ontvang ‘n hersieningsverslag van die omgewingsimpakstudie van die ministerie van visserye. Dié verslag beklemtoon 13 hoofareas van kommer vóór ‘n besluit oor die klaringsertifikaat gemaak kan word. Die ministerie van visserye stel voor dat ter plaatse studies gedoen moet word om die kwessies te ondersoek.
• Julie en September 2012:
Twee bykomende konsultasies met belanghebbende partye is gehou. Amptenare van die visbedryf, nie-regeringsorganisasies en die MFMR was by hierdie vergaderings teenwoordig.
• 9 Januarie 2015:
‘n Verslag van ‘n omvang- en verifikasieprogram is aan die MFMR en die ministerie van myne voorgelê. Hierdie verslag sluit in ‘n opgedateerde omgewingsbestuurplan sowel as ‘n beoordeling deur eweknieë wat deur die kommissaris van die omgewing op 3 Desember 2014 ontvang is.
• 22 April 2015:
Kommentaar oor die omvang- en verifikasieprogram van die MFMR word ontvang. Hierin het die MFMR ‘n lys van aspekte wat nagegaan moet word, voorgestel alvorens ‘n klaringsertifikaat uitgereik word.
• In Oktober 2015:
‘n Eksterne hersiening van die verslae is voltooi. Dít het voorgestel dat die inligting wat verskaf is “nou voldoende” is om tot ‘n besluit oor die uitreiking van die klaringsertifikaat te raak. Dit het ook voorgestel dat kenners deel moes vorm van die bepalings verbonde aan die sertifikaat.
• 27 April 2016:
‘n Slypskool word gehou met amptenare van die MFMR, die ministerie van die omgewing, ‘n omgewingsevalueerder, sleutelspesialiste wat aan die verslag van die verifikasieprogram gewerk het, sowel as die koördineerder van die eweknie-beoordelingskundiges.
• 13 Junie 2016:
‘n Geskrewe verslag van die slypskool word met die MFMR gedeel.
• 5 September 2016:
Die kommissaris van die omgewing reik die klaringsertifikaat aan NMP uit. Dié sertifikaat is geldig vir drie jaar en is onderhewig aan ‘n aantal “streng voorwaardes” as gevolg van die sensitiwiteit van die mariene ekostelselen die oënskynlike impak op die visbedryf.
• 20 Oktober 2016:
Minister Shifeta sê appèlle teen die uitreiking van die klaringsertifikaat sal steeds oorweeg word.
• 24 Oktober 2016:
Die ministerie van die omgewing sê daar is nog drie weke tyd om appèl teen die uitreiking van die klaringsertifikaat aan te teken.
• 28 Oktober 2016:
Mnr. Michael Gaweseb teken appèl teen die uitreiking van die klaringsertifikaat aan.
• 31 Oktober 2016:
Minister Shifeta neem die appèlverhoor waar.
• 1 November 2016:
Minister Shifeta stel die klaringsertifikaat ter syde. Dit is ‘n tydelike aksie sodat méér konsultasie oor die volgende ses maande gedoen kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie