Fokus asof Tokio-Spele  voortgaan, su00ea Le Clos
Fokus asof Tokio-Spele voortgaan, su00ea Le Clos

Fokus asof Tokio-Spele voortgaan, sê Le Clos

Swem
Die Olimpiese swemmer Chad le Clos moes sy Turkse oefenbasis inderhaas verlaat nadat sy voorbereiding vir die Tokio Spele deur die koronavirus in die wiele gery is.

Daar is steeds groot onsekerheid of die sportskouspel wel sal voortgaan in die lig van die Covid-19-pandemie.

Le Clos het in Turkye gaan kamp opslaan nadat sy vroeëre basis in Italië weens die uitbreek van die virus feitlik oornag gesluit is.

Hy is tans terug in Kaapstad en onseker oor wat die afsienbare toekoms vir hom inhou.

“Daar is werklik geen plan op die oomblik nie. Als hang in die lug. Ek het geen afrigter nie, geen oefenmaats nie. Ek kan hier in selfisolasie wees tot die Spele begin,” het die gouemedalje-wenner die naweek aan die Sunday Times gesê.

“As hulle besluit om die gimnasiums hier te sluit, het ek nie 'n plan B (vir 'n oefenswembad) nie. Dis skrikwekkend.

“Ek het met 'n paar van my swemmaats gesels wat letterlik in hul huise vasgekluister is. Hulle kan nie oefen nie.

“Iemand het my vertel Penny Oleksiak, die Kanadese Olimpiese kampioen, was 20 dae laas in 'n swembad.”

Volgens die Suid-Afrikaner het hy 'n onderstebo week agter die rug, wat vereis het dat hy inderhaas uit Turkye moes padgee.

“Maandag was die plan nog om ses, sewe weke in Turkye deur te bring. Ewe skielik was daar 'n totale stilstand. Hotelle wat hul deure sluit. Oefengeriewe wat hul deure sluit. Ons moes binne 36 uur die land verlaat het.

“Gelukkig kon ek daardie selfde aand (Maandag) my vlugkaartjie bespreek. Dis was omtrent 'n gejaag. Die een oomblik oefen jy volstoom en als verloop volgens plan, die volgende oomblik pak jy jou tasse en haas lughawe toe.”

Le Clos erken hy twyfel sterk of die Spele soos geskeduleer sal voortgaan. Maar hy glo atlete moet steeds in die onseker tyd gefokus bly.

“Ek doen 'n beroep op alle atlete om te oefen asof die Spele steeds voortgaan. As dit wel uitgestel word, het jy ten minste die harde werk ingesit vir wanneer die skouspel ook al gehou word.

“Moenie nou jou voet van die versneller afhaal nie. Moenie die fout begaan om te dink die Spele gaan nie gebeur nie. As jy selfs een persent minder toegewyd is, gaan jy 'n duur prys betaal,” sê die swemmer.

Le Clos is SA se mees gevierde Olimpiese atleet met goud in die 200 m-vlinderslag in 2012 en drie silwermedaljes. – Netwerk24; supersport.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!